Verifi met ʼn ‘i’: Gemoedsrus vir jou beleggings

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Beleggings en versekering kan ʼn uitdagende spul wees. Almal se behoeftes verskil; so ook almal se finansiële vermoëns.

Verifi is ʼn aanlyn hulpmiddel wat dit maklik maak om jou beleggings en lewensversekeringpolisse se besonderhede met een oogopslag te bekyk.

Dalk het jy meer as een belegging of polis, sommige ouer as ander. Dalk het jy destyds op ʼn familielid versekering uit geneem en intussen het omstandighede verander. Dalk het jy in die laaste paar jaar verhuis, of jou kontakbesonderhede het verander. Dalk het ʼn goedgesinde familielid of vriend ʼn polis uitgeneem in jou naam, of die naam van een van jou kinders, waarvan jy onbewus was. Dalk is daar selfs finansiële verligting om die draai, waarvan jy nie eens geweet het nie.

Nie almal van ons het die tyd of selfs die vernuf om al hierdie informasie doeltreffend te bestuur nie. Verifi se webwerf bied ʼn toeganklike toegangspunt tot hierdie inligting en nog meer.

So maklik soos een, twee, drie: besoek die webwerf by verifi.co.za, vul die vorm in, en klik. Al wat jy nodig het, is ʼn geldige Suid-Afrikaanse ID en ʼn selfoon. Jy kry jou keuse van sekuriteit-vraag waarmee jou identiteit help bevestig word. Binne ʼn paar werksdae word jy gekontak deur een van Verifi se konsultante om jou identiteit te bevestig.

Die diens is veilig en, beste van als, gratis.

Daar is ook geen verpligtinge nie. Die webwerf word bewaak deur gevorderde internetveiligheidsmaatreëls om jou persoonlike inligting te beskerm. Nadat jou besonderhede opgeneem is, ontvang jy ʼn omvattende verslag wat lewensversekering- en beleggingspolisse wat aan jou naam (of die naam van ʼn derde party) gekoppel is. So kan jy ook vasstel wat hul waarde is, sowel as om ander belangrike inligting bekom. Jy kan byvoorbeeld kyk of die besonderhede van die begunstigdes korrek is.

Die verslag word aan jou gestuur per e-pos, in PDF-formaat wat jy op ʼn rekenaar moet oopmaak. Die verslag kan slegs ontsluit word met ʼn unieke PIN wat direk per SMS aan jou selfoon gestuur word.

Daarna kan ʼn FSCA-geregistreerde finansiële raadgewer jou kontak om vas te stel of jy enige raad of bystand nodig het. In geen stadium is jy onder enige verpligting om enige raad of produkte te aanvaar nie.

Die hele proses is gratis en word geborg deur Springpoint Finance, ʼn geregistreerde finansiëlediensteverskaffer.

Die ekonomie plaas druk op almal en om ingelig te wees, is om voorbereid te wees.

Besoek verifi.co.za en neem beter beheer oor jou finansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.