Voel jy oorweldig deur skuld? Mattfin het ’n oplossing

Mattfin is ‘n toonaangewende finansiëlediensteverskaffer wat ‘n helpende hand uitreik na huiseienaars wat deur uitdagings in die gesig gestaar word.

Matffin bied bystand waar tradisionele banke lenings afkeur as gevolg van faktore soos skuldberading (“debt review”), lae krediettellings en ander ongunstige noterings. Mattfin is nie ʼn skuldberader nie maar ʼn geregistreerde kredietverskaffer.

Mattfin het ʼn unieke produk  om die likwiditeit in kliënte se eiendom te ontsluit en om skuld te konsolideer teen ʼn laer huisleningsrentekoers.

Mattfin het meer as 10 jaar ervaring en kundigheid in skuldkonsolidasie.

ʼn Krediet-assessering word gedoen om te bepaal of die kliënt kwalifiseer volgens die Mattfin-kredietbeleid. Die kliënt moet permanent aangestel wees en jonger as 55 jaar wees.

Mattfin is tans werksaam in Gauteng en die Wes Kaap en die produk sal in ʼn latere stadium na ander gebiede uitgebrei word.

ʼn Bekostigbaarheidsanalise toon dat Mattfin se verbandterugbetaling baie laer is as die hoë rentekoerse op korttermynlenings. ʼn Groot maandelikse besparing word bewerkstellig deur net een lening ʼn maand terug te betaal.

ʼn Verband word geregistreer op die eiendom en die eiendom dien as sekuriteit vir die lening. Daar is geen verandering van eienaarskap nie.

Alle skuld word betaal en die profiel van die kliënt word herstel by die kredietburo’s. Indien al die skuld betaal is, kan die kliënt ʼn klaringsertifikaat ontvang en van skuldberading verwyder word.

Daar is geen vooraf fooie betaalbaar nie.

Deur die unieke behoeftes van huiseienaars aan te spreek, en waar tradisionele banke die kliënt afgekeur het, speel Mattfin ‘n deurslaggewende rol in die bevordering van finansiële inklusiwiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.