Bekers wat rym

“Bekers wat rym” in Maroela se Die Koöperasie

Boeretroos en boereraat gaan mos hand aan hand. Dis die goed wat ons uitdeel om die kombuistafel en resepte wat van geslag na geslag oorgedra word.

Maroela het besluit om ʼn bietjie ekstra suiker op die tafel te sit en ʼn glimlag daarby te roer wanneer jy dié eksklusiewe stel porseleinbekers jou eie maak. Die bekers is spesiaal ontwerp om ʼn prettige gesprek aan tafel uit te lok en terselfdertyd jou trots vir jou taal te wys.

Van tannie Annetjie met haar Royal Albert-stel uit Tamboerskloof tot oom Rooijan van Riemvasmaak met sy blikbekerstel gaan jou beny wanneer jy met dié bekers spog. Dis mooi genoeg om in ouma se voorportaal uit te stal en lekker genoeg om uit te drink.

Elkeen van die bekers in die eksklusiewe stel spog met ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, Nuttige Reseppe. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het. Daar is nie veel inligting oor hom beskikbaar nie en selfs André P Brink dui in sy Groot Verseboek ook net ʼn geboorte- en sterftedatum aan van (18? – 19?). Dit dateer wel uit die vorige eeu gedurende ’n fase waarin baie jonger digters humoristiese gedigte geskryf het.

Die bekende tekenprentkunstenaar Jerm het die grafika behartig om die teks te komplimenteer.

  • Dié stel bekers is baie eksklusief. Daar is slegs 18 stelle van ses bekers beskikbaar en 16 stelle van drie bekers.
  • 6 bekers van egte porselein: R540
  • 3 bekers van egte porselein: R270 (Fer Skrik, Fer Jig, Fer Tantpyn)

Maak seker jy skaf dié prettige bekers aan as jy jou familie en vriende wil help met boererate vir hoofpyn, koliek, tandpyn, jig, omloop en selfs vir skrik. Klik hier en koop dit nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.