Dié lesers wen R10 000 met Maroela se app

Maroela Media se gratis app spog met alles wat dit vir jou maklik maak om op hoogte te bly van dit wat jy graag op Maroela wil lees.

Indien jy ons app voor 30 September 2023 afgelaai het, het jy in aanmerking gekom vir een van twee R10 000-kontantpryse.

Baie geluk aan Maryka Lyon van Potchefstroom en Johan Erasmus van Mooinooi wat elkeen R10 000 kontant ontvang.

As jy dol is oor Maroela se resepte, in die oggend gretig die Gedagte vir die dag oopmaak en lees, of elke nuusbrokkie verslind, is Maroela Media se app net vir jou bedoel.

Met die app is dit verspot maklik om elke oomblik van die dag op die hoogte te bly met dit wat vir jou interessant en belangrik is, én om dit waarin jy nie belang stel nie, af te skakel.

As jy nog nie Maroela se app op jou foon het nie, laai dit dadelik af om Maroela elke oomblik van die dag as geselskap in die palm van jou hand te hê.

Maroela Media app vir die iPhoneMaroela Media app vir Android

Voorblad

Met die nuwe app is dit nie meer net slegte nuus waarmee jy gekonfronteer word wanneer jy die app oopmaak nie. Al die verskillende afdelings op Maroela se artikels is nou op die app se voorblad te sien: harde nuus, vermaaknuus, goeie nuus, resepte, gedoriewaar-stories, sportnuus, Afrikaanse taal- en boekenuus, leefstylstories, geldsake, meningstukke, lesersbriewe en landbounuus. Met dié app blaai jy eenvoudig deur die afdelings op jou foon, asof jy ʼn tydskrif in die hand het.

Boonop kan jy aan- en afskakel watter afdelings jy wil sien, én self besluit in watter volgorde jy die afdelings wil sien.

Donker modus

Maroela Media se app spog nou vir die heel eerste keer ook met ʼn donker modus sodat die skerm nie die hele vertrek verlig wanneer jy dalk in die bed wil lê en nuus lees nie!

  • Klik op “verstellings”
  • Klik op “donker modus”

Soekfunksie

Vir die heel eerste keer is die soekfunksie nou ook op die Maroela-app beskikbaar. As jy dus op soek is na enige vorige berigte, kan jy bloot links onder op die skerm op die vergrootglasie klik.

Hoe maak mens?

Jy kan kies watter nuus jy op jou tuisblad wil sien en boonop in watter volgorde jy dit wil lees. As jy dus heel eerste die gedagte vir die dag wil lees, daarna die jongste resepte en daarna die nuus, kan jy dit bloot op die verstellings só aanbring:

  • Klik op “verstellings”
  • Klik op “kategorieë”
  • Skakel die kategorieë aan of af volgens jou voorkeur
  • Gebruik die drie horisontale strepies regs op die bladsy om die kategorieë op en af te skuif in die volgorde wat jy dit verkies
  • Klik links bo op “terug”

Wanneer jy nou terugblaai na die tuisblad, sal jy sien die volgorde van die kategorieë is aangepas volgens jou voorkeur en die volgorde waarin jy die kategorieë bo-aan die bladsy sien, is ook volgens jou voorkeur aangepas. Jy sal ook nie meer inhoud sien van die afdelings wat jy afgeskakel het nie.

Jy kan die kategorieë soveel keer as wat jy wil skuif en verstel en kategorieë aan- of afskakel soos wat dit jou behaag.

 

Kategorieë

Bo aan die bladsy verskyn die verskillende kategorieë. Jy kan links of regs oor die bladsy vee om tussen die verskillende kategorieë te blaai. Jy kan ook kies in watter volgorde die kategorieë moet verskyn (volg die stappe hier bo by “hoe maak mens?”).

Kennisgewings

Wil jy weet wanneer ʼn nuwe resep, nuwe nuusstorie of nuwe sportstorie verskyn? Jy kan kies om kennisgewings te ontvang en die kennisgewings op die verskillende portale aan- of afskakel.

Wanneer jy die app aflaai, sal kennisgewings vir die nuuskategorie aangeskakel wees indien jy gekies het om kennisgewings van die app te ontvang.

Só bestuur jy jou kennisgewings:

  • Klik op “verstellings”
  • Klik op “kennisgewings”
  • Kies watter kategorieë se kennisgewings jy wil ontvang of skakel alles af
  • Klik links bo op “terug”

Teksgrootte

As jy nie elke keer na jou bril wil gryp om ʼn nuwe nuusberig te lees nie, kan jy maklik die teksgrootte van artikels verander.

  • Klik op “verstellings”
  • Klik op “teksgrootte”
  • Skuif die knoppie links (kleiner) of regs (groter)
  • Klik links bo op “terug”

Kinderslot

As jy wil seker maak dat jou kind nie aan die nuus (of enige ander kategorie) blootgestel word nie, kan jy ʼn kinderslot met ʼn wagwoord aanskakel.

  • Klik op “verstellings”
  • Klik op “kategorieë”
  • Skakel die kategorieë af wat jy nie wil hê jou kind moet sien nie
  • Klik links bo op “terug”
  • Skakel die kinderslot aan en sleutel ʼn wagwoord in
  • Klik links bo op “terug”

Wanneer jy nou die tuisblad besoek, sal jy sien dat die kategorie wat jy afgeskakel het, nie meer sigbaar is nie. Wanneer jy weer die betrokke kategorie wil aanskakel, sal jy weer die kinderslot se wagwoord moet insleutel om die kategorie aan te skakel.

As jy die kinderslot se wagwoord vergeet, sal jy ongelukkig die app heeltemal van jou toestel moet verwyder en dit van voor af uit die Apple App Store of Google Play Store moet aflaai.

Inskrywingsvorm

Die app en webwerf bly heeltemal gratis vir gebruik. Enige finansiële ondersteuning aan Maroela Media is heeltemal vrywillig.

Ons sal jou slegs eenmalig kontak vir ʼn moontlike bydrae en indien jy reeds ʼn ondersteuner is, sal ons jou nie weer kontak vir ʼn finansiële bydrae nie.

Wees gerus dat al die inligting baie vertroulik hanteer word en slegs vir ons eie doeleindes aangewend word. Ons deel dit nie met enigiemand anders nie.

Wees een uit 2 miljoen

Leserstatistiek wys vir ons dat tot 87% van ons lesers Maroela op hul fone lees, maar dat slegs 4% van hierdie lesers reeds die app afgelaai het. Hierdie handjievol lesers lees egter meer bladsye per maand as die amper 2 miljoen lesers op die webwerf – want dis net so lekker op die app dat hulle nie kan ophou lees nie! So kom kuier sommer nou saam op Maroela Media se app en kontak ons by per e-pos by [email protected] as jy op enige plek vashaak.

Die Maroela Media-app is boonop gratis – net soos mens van Maroela verwag. 

Maroela Media app vir die iPhoneMaroela Media app vir Android

  • Let wel: Die app werk die beste op die jongste weergawes van Android- en iOS-sagteware.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.