Drie belastingvoordele waarvan jy moet weet

skuld-krediet-afbetaling-belasting-sakrekenaar-rekenaar-boekhou

(Foto: FirmBee/Pixabay.com)

Goeie nuus is deesdae so skaars soos hoendertande, maar tog is daar min dinge so lekker soos ʼn groot tjek van Jan Taks wanneer dit hulle beurt is om jou elke jaar (terug) te betaal.

Met minder as tien dae oor voordat die 2019/2020-belastingjaar tot ʼn einde kom sal jy vinnig moet spring om die drie voordele hieronder optimaal te kan benut.

  1. Skenkings

Het jy geweet dat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Solidariteit Helpende Hand jou belasbare inkomste met ʼn maksimum van tot 10% kan verminder, terwyl jy terselfdertyd daarmee ʼn weldaad kan verrig. Indien jy byvoorbeeld R700 000 per jaar verdien sal ʼn maksimum aftrekbare skenking van R70 000 toegelaat word ingevolge art, 18A van die Inkomstebelastingwet.

Klik hier om ʼn skenking aan Helpende Hand te maak.

Wenk: Maak seker dat die welsynsorganisasie vir wie jy skenk as ʼn OWO geregistreer is en dring aan op die art. 18A-belastingsertifikaat nadat jy jou skenking gemaak het.

Jy word verder toegelaat om elke jaar ʼn maksimum van R100 000  belastingvry te skenk. Hierdie bepaling kom baie nuttig te pas wanneer jy byvoorbeeld ʼn leningsrekening op jou trust het. Kom ek verduidelik: Gestel die leningsrekening op jou trust beloop R1,2 miljoen teen ʼn rentekoers van 9% per jaar, dan sal die rentekomponent R108 000 beloop. Met hierdie bepaling kan jy R100 000 van hierdie rente terug aan die trust skenk, om sodoende die belasting op die rente te verminder.

Wenk: Maak seker dat jou totale skenkings (OWO en ander) vir die jaar nie die R100 000-perk oorskry nie.

  1. Aftreefondsbydraes

Dit sluit bydraes aan pensioenfondse, voorsorgfondse en uittree-annuïteite in. Die maksimum aftrekbare bedrag wat jy kan bydra is 27,5% van jou belasbare inkomste beperk tot R350 000 per jaar. Indien jy byvoorbeeld die maksimum van R350 000 bydra en jy in die hoogste belastingkerf (45%) val, sal die belastingvoordeel wat jy kan terugeis ʼn allemintige R157 500 wees!

  1. Belastingvrye beleggingsbydraes

Elke persoon kan ʼn maksimum van R33 000 per jaar tot ʼn belastingvrye beleggingstruktuur bydra tot ʼn maksimum van R500 000. Die groot waarde hiervan is dat alle groei, inkomste en dividende uit hoofde van die belegging vrygestel is van belasting, en dat die kapitaal ook, sonder enige belasting op kapitaalwins, onttrek kan word.

Ten slotte

Bogemelde drie wenke handel oor belastingvoordele en is nie ʼn omvattende beleggingstrategie nie. Die goue reël is altyd om ʼn kundige en gekwalifiseerde persoon te gebruik wanneer jy beleggings- of finansiële raad inwin.

  • Kontak ons by [email protected] vir verdere navrae/skenkings of vul die onderstaande vorm in.

Die vorm is nou gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.