kykNET se gewilde joernaalprogram, Kwêla, het Sondagaand vir Swakopmund in Namibië as die wenner van sy Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys.
Die Kwêla Dorp van die Jaar-titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme gekry het in die laaste stemweek van die kompetisie.
Jeffreysbaai het in 2018 met die louere weggestap en Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg het ook al dié kompetisie gewen.

Dis lekker by die see op dorpe soos Swakopmund (foto) en Walvisbaai, maar Namibië se polisie waarsku hulle sal nie dronkbestuur duld nie. (Foto: Wikipedia)
Die ander twee dorpe in die topdrie was Dullstroom, in Mpumalanga, en Stilbaai, in die Wes-Kaap.
Die prys sluit in dat Kwêla se produksiespan nou ’n advertensie van 45 sekondes vir dié dorp skiet.
Daar sal ook later vanjaar ’n groot KIA Dorp van die Jaar-makietie in Swakopmund gehou word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Dis n skoon dorp volgens die fotos .Ons pragtige kusdorpie lyk soos n vullishoop
My geboorte dorp. Weg daar in 1980. Ek verlang terug. Pragtige plek.
Dit is waar ek en my liefste vrou 34 terug gekliek het en is nog steeds bymekaar met 3 wonderlike kinders.