Goeie nuus! Die Koöperasie se deure is weer oop

Produkte in Die Koöperasie

Ons het goeie nuus! Jy mag nou weer jou gunsteling- Afrikaanse produkte aanlyn koop en dit veilig laat aflewer by jou huis se deur!

Bederf jouself of stuur vir iemand ʼn spesiale geskenk om te wys jy dink aan hulle en verlang tydens die afsonderingsperiode. Jy kies die geskenk, en ons sorg dat dit veilig by hulle afgelewer word.

Vermy die lang rye buite besige winkelsentrums. In Die Koöperasie kan jy sorgeloos en sonder ʼn masker tussen die rakke rondloop: Inkopies tydens die afsonderingsperiode was nog nooit só maklik nie!

Hier is ʼn paar voorstelle, maar loer gerus in die rakke rond vir nog inspirasie:

Maroela-kappietop

Die regering sê ons mag nog nie drukkies of soentjies uitdeel nie, so ons almal verlang na ʼn lekker omhelsing. Met dié Maroela-top gaan jy sommer baie lekker knus voel – net so snoesig as in ʼn geliefde se arms. Opskud: dis ʼn eksklusiewe produk en slegs 300 Maroela-aanhangers sal met só kappietop kan spog.

Sodra die afsonderingsperiode verby is en ons weer ons kop by die voordeur mag uitsteek, kan jy met jou Maroela-kappietop spog by die werk, ʼn Saterdagmiddagbraai of selfs ʼn sportbyeenkoms – as dit snerpend koud is buite, is dit al wat jy gaan nodig hê!

Klik hier om jou Maroela-top nou vir slegs R399-00 te koop

Bekers wat rym

Min dinge is so gesellig soos ʼn beker koffie en dit sê sommer jy wil saam met iemand sit en kuier. Die lekkerte van dié bekers is dat jy dit kan sit en lees soos wat jy koffie drink, selfs al is jy alleen.

Elkeen van die bekers in die eksklusiewe stel spog met ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, Nuttige Reseppe. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het. Dit dateer uit die vorige eeu gedurende ’n fase waarin baie jonger digters humoristiese gedigte geskryf het.

Klik hier om bekers wat rym nou vir slegs R270 (drie bekers) of R540 (6 bekers) te koop

Kampporselein

Kampporselein in Die Koöperasie

Verlang jy na die dae wat mens met ʼn karavaan in die bosveld kon kampeer of ʼn tent in die Drakensberge kon opslaan? Sprei sommer ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oop. Met hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) gaan jy jouself verbeel jy is buite in ons mooie natuur.

Klik hier om jou kampporselein nou vir slegs R299-00 te koop

Oom Boet se boeretroos

Oom Boet se boeretroos in Die Koöperasie

Oom Boet se boeretroos word gemaak van die beste bone van reg oor Afrika. Dit word gekweek in ryk, vrugbare grond. Die tradisionele handroostermetode word gebruik om jou koffie perfek te rooster. Bestel vir jouself só sakkie bone en stuur ʼn sakkie bone vir iemand met wie jy graag ʼn koppie koffie wil deel. Dan kan julle saam aan dieselfde koppie koffie sit en teug as julle oor Zoom sit en kuier.

Klik hier om Oom Boet se boeretroos nou vir slegs R70-00 te koop

Boland-gedigte op boereporselein

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers in Die Koöperasie

Stuur jou liefde in die pos vir iemand met dié stelletjie blikbekers. Elkeen van die bekers bevat ʼn strofe uit NP van Wyk Louw se mooie Vier gebede by jaargetye in die Boland. Laat weet jou geliefdes, wat in hierdie stadium ver van jou af is, dat hulle nog steeds naby is aan jou hart.

Klik hier om die Boland-gedigtebekers nou vir slegs R260-00 (vier bekers) te koop

Besoek Die Koöperasie nou by maroelawinkel.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.