Donderdagaand het Afrikaanssprekendes van wyd en syd bymekaargekom vir die jaarlikse Tinteltong Toekennings wat deur AfriVriendelik aangebied word.
Hiér word ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan, gevier.
Vanjaar het Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys as gasheer en gasvrou opgetree by die pragtige Moonshot Café-venue in Pretoria, en die bekende musiekgroep ADAM het die voete behoorlik laat stamp – dermate dat gaste later sommer die skoene uitgeskop en begin sokkie het!
Dit was sowaar ʼn geleentheid waar Afrikaans as saketaal gevier is.
Dié Afrikaanse ondernemings het teen die einde van die aand met die Tinteltong Toekennings huis toe gegaan:
Tinteltong Toekenning vir oulikste Afrikaanse naam: Bril
Tinteltong Toekenning vir mooiste logo: The Wooden Spoon
Tinteltong Toekenning vir lekkerste kos: Boervrou Deli
Tinteltong Toekenning vir gehaltediens: Ai-Ai Event Styling
Tinteltong vir oulikste e-kopie (aanlyn winkel): Lieflappies
Tinteltong Toekenning vir fraaiste produk of diens gemik op kinders: Poppie Lief
Tinteltong Toekenning vir oulike produkte: Jana Nel Designs
Tinteltong Toekenning vir beste gebruik van sosiale media: Bril
Tinteltong Toekenning vir uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA
Tinteltong Toekenning vir skaterlag uit jou maag: Korrelkou
Foto’s wat Afrikaans praat: Rina Schmidt Lombard
Beste nuweling: klerekas.com
Jana Nel Designs? Dis dan ingils.
Verstaan nie, dit gaan oor Afrikaans en Afrikaans bevorder en Engelse name word gekies as wenners