ʼn Dagbeplanner wat lewens verander

Koop ’n dagbeplanner vir jouself of as geskenk vir al jou vriendinne, familielede en kollegas!

Die jaar 2023 kruip al nader, en met Kersfees om die draai is dit nou die ideale tyd om ʼn dagbeplanner vir jou of ʼn vriendin aan te skaf. Dit is ʼn ideale geskenk wat jou daagliks gaan inspireer en terselfdertyd hulpbehoewende vroue en meisies bemagtig.

Deesdae maak baie van ons gebruik van aanlyn kalenders op ons fone, maar ʼn gedrukte dagbeplanner maak dit gerieflik, maklik én inspirerend om jou lewe te orden.

Die FroueVonds* van Helpende Hand spog weer met ʼn A5-grootte dagbeplanner vir 2023!

Dit word deur Voelgoed Media in hardebandformaat uitgegee, met ʼn bladsy per dag vir afsprake om die beplanning van jou dag ʼn plesier te maak, en die gebruikersvriendelike ontwerp bied ook skryfplek vir notas, verjaarsdae, vergaderings en méér.

Voor in die boek is daar ʼn jaarkalender sodat jy met ʼn oogopslag kan sien wat alles moet gebeur, asook inligting vir openbare vakansiedae en skoolkwartale. Die kalender vóór elke maand stel jou in staat om haarfyn te beplan.

Die FroueVonds-dagbeplanner sal jou nie net help om jou lewe te orden nie. Geniet ook die daaglikse inspirasie vir jou geloof deur bekende persoonlikhede soos Andriëtte Norman en Mandi du Plooy-Baard, geliefde skrywers soos Liesel Krause-Wiid en Lynette Beer, radio-aanbieders soos Almarie du Preez en Janine van Niekerk, en ander geloofsvroue.

Die joernaalspasie bied jou die geleentheid om stil te raak en na te dink oor jou geloof.

“Deur die FroueVonds-dagbeplanner aan te koop, skenk jy R50 vir die #HelpHetta-projek van Solidariteit Helpende Hand,” sê René Roux, Adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie by Helpende Hand.

“Die #HelpHetta-projek fokus op 3 500 skoolgaande meisies wie se lewe tot stilstand kom elke maand vir vyf dae lank, omdat hulle huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Ons versprei noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ʼn kwartaallikse basis.”

Die FroueVonds-dagbeplanner is van ʼn goeie gehalte, asook mooi en prakties om te gebruik teen slegs R129 (aflewering uitgesluit). As jy meer as een dagboek op ʼn slag koop, is aflewering gratis.

Koop ’n dagbeplanner vir jouself of as geskenk vir al jou vriendinne, familielede en kollegas!

Besoek https://voelgoedwinkel.co.za/product/frouevonds-dagbeplanner-2023/

  • FroueVonds word doelbewus verkeerd gespel om te beklemtoon dat alles nie altyd reg verloop nie. Vir meer inligting besoek frouevonds.co.za

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.