Betroubare inligting van Solidariteit-lede in Eskom is dat die waarskynlikheid van fase 7- of 8-beurtkrag baie klein is.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 Desember 2022
Spanne maak vordering met Brandvlei-brand
“Daar is steeds groot kommer dat die wisselende windrigting steeds opvlammings kan veroorsaak wat alles kan verander.”
Versoek om waterkrisis in Parys as ramptoestand te verklaar
Benewens die feit dat die water ongeskik vir menslike gebruik is, is daar ook dele van Parys waar mense vyf jaar laas water in hulle krane gehad het.
Strafregtelike klag teen speaker ingedien ná doodsdreigement
Sy het in ‘n stemnota genoem dat sy net ‘n grappie gemaak het.
Eskom sê oor beurtkrag vir die naweek
Eskom het tans 5 901 MW op beplande instandhouding en 15 394 MW is nie beskikbaar nie weens onvoorsiene tegniese probleme.
Gesondheidsdepartement skuld miljarde rand
Die departement van gesondheid skuld meer as R3,3 miljard oor ses van die provinsies. Dit is tesame met die feit dat dié provinsies versuim het om 1 750 diensverskaffers te betaal.
Hier is SA se gewildste banke
Die marknavorser DataEQ sê dis die eerste keer in sewe jaar dat daar meer positiewe as negatiewe kommentaar oor Suid-Afrika se bankbedryf op sosiale media is.
Verdagte vas ná Pinnacle Point-moord
Ses maande nadat Marietha Willemse (79) grusaam op die Pinnacle Point-landgoed in Mosselbaai vermoor is, is ʼn verdagte eindelik in hegtenis geneem.
Pasop vir ‘dierewelstand’-term
“Ons aanvaar dat diere lewende wesens is, maar ʼn mens kan nie met ʼn dier redeneer oor sy gedrag wat mense bedreig nie.”
Man wat motor met voete bestuur gevonnis
Beeldmateriaal wat wys hoe ʼn motoris sy rooi Range Rover met sy voete bestuur terwyl sy lyf by die venster uithang, is ʼn ruk gelede wyd op sosiale media gedeel.
Blinde Proteas op die voorvoet by WB-toernooi
Suid-Afrika se blinde krieketspan het Australië Woensdag met vyf paaltjies geklop.
Video: Appel kuier by ‘Binnelanders’
Die dokters en verpleegsters van Binneland Kliniek skuif vanaand hul stetoskope en uniforms opsy vir ’n heerlike sokkie saam met die kunstenaar Appel.
Reënweer duur voort
Die weerdiens waarsku dat die moontlikheid vir verdere oorstromings groot is, omdat die grond op sommige plekke reeds versadig is en riviere en strome vol is.
Polisie slaggereed vir Desember
Daar word egter van landsburgers gevra om ook hul kant tydens die vakansie te bring.
Gedig: Vergewe en vergeet
Totius skryf in die gedig, “Vergewe en vergeet”: “Jy het mos, doringstruikie, my ander dag gekrap; en daarom het my wiele jou kroontjie plat getrap.”
ToekomsVenster: Die ander stem
Om die stem te hoor en te midde van ʼn veelheid van stemme te onderskei, neem oefening.
Luister: Bid saam vir vervolgde Christen-kinders
“Die belangrikste ding wat ons graag wil bereik, is om hoop vir hierdie kinders te skep.”
Staande applous lei Gelofteweek in
“Een van ons grootste kultuurerfenisse is musiek. Musiek het die vermoë om mense saam te bring, te inspireer en selfs nostalgies te maak.”
Die wêreld se duurste pynappel
Dié variëteit pynappel is baie gesog en baie duur.
Kyk: Chaos in Johannesburg weens vloede
Paaie en brûe het oorstroom en infrastruktuur is beskadig, motors deur die water meegesleur en bome ontwortel.