Eskom sê oor beurtkrag vir die naweek

(Foto: Maroela Media)

Fase 4-beurtkrag sal Saterdagoggend van 05:00 ingestel word en Sondag na fase 2 verminder word. Fase 5-beurtkrag duur dus voort tot Saterdagoggend om 05:00.

Die kragvoorsiener sê ʼn kragopwekkingseenheid elk by Camden, Lethabo, Majuba en Matla-kragstasies is sedert Donderdagoggend afgeskakel vir herstelwerk en beplande instandhouding. Die vertraging om ʼn kragopwekkingseenheid elk aan te skakel by Arnot, Duvha en Kriel-kragstasies dra by tot ʼn gebrek aan kapasiteit.

ʼn Eenheid elk is by Arnot, Duvha, Grootvlei, Kendal, Kriel, Matimba en Medupi-kragstasies aangeskakel.

Eskom het tans 5 901 MW op beplande instandhouding en 15 394 MW is nie beskikbaar nie weens onvoorsiene tegniese probleme.

Die uitgeputte begroting om diesel aan te koop vir die oopsiklus-gasturbines het Eskom ook genoodsaak om die oorblywende diesel te bewaar vir uiterste noodtoestande soos gelyktydige probleme met kragopwekkers. Damvlakke moet ook in dié tyd aangevul word.

Die beplande instandhouding van eenheid 1 by Koeberg-kernkragstasie begin Saterdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andries ·

Regering slegter as slang mis,van slang mis kan n mens nog medisyne maak maar van hulle niks nie.

Leon ·

Iemand by eskom kan glad nie rekenkunde doen nie. Fase 4 en Fase 5 se tye is presies dieselfde. Hoekom dit nog aankondig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.