Strafregtelike klag teen speaker ingedien ná doodsdreigement

Fikile Magagamela (Foto: Fikile Magagamela/Instagram)

Die VF Plus het Donderdag ʼn strafregtelike klag aanhangig gemaak teen die speaker van die Govan Mbeki- plaaslike munisipaliteit, Fikile Magagamela, vir die uiter van ‘n doodsdreigement.

Die klag spruit voort uit die speaker se dreigement teenoor die VF Plus se raadslid die vorige dag tydens ʼn raadsvergadering waar die raadslede se verlof bespreek moes word.

“Tydens die vergadering was daar ‘n onderonsie tussen die speaker en ‘n DA-lid, waarna Magagamela die lid uit die saal laat verwyder het,” sê Aranda Nel-Buitendag, VF Plus-raadslid in die Govan Mbeki- plaaslike munisipaliteit.

Die speaker het daarna die VF Plus-raadslid gevra waarom sy nie vir haar in die bresse getree het nie. Die VF Plus het in reaksie genoem dis ‘n saak tussen die speaker en die DA.

Magagamela het toe oorgeleun en aan die raadslid gefluister dat sy haar sal doodmaak.

“Nadat Magagamela deur die VF Plus oor haar dreigement konfronteer is, het sy in ‘n stemnota genoem dat sy net ‘n grappie gemaak het.”

Die VF Plus beskou egter die uitlating in ‘n ernstige lig. “Die party kan nie dreigemente van die ANC duld in die uitvoer van sy pligte binne raadsittings nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Di ·

Van hulle raak hopeloos te ARROGANT. Madam moet eerder leer om haar mond te hou of sy mag dalk baie probleme ondervind met haar uitgesprokenheid

Jacobus ·

As die ANC nie hulle sin kry nie is daar doodsdreigemente of beskuldegings van rassisme.

JM ·

Ja-nee, as iets hulle nie pas nie, moet daar doodgemaak word – al taal wat hulle ken. En as die persoon doodgemaak is, wat dan? Siek in die psige!

Sandra ·

Natuurlik sal so ‘n uitlating weer gemelk word. Wanneer gaan mense tog leer in hierdie land is nie meer plek vir ‘n grapple oor die woord doodmaak nie. Vroeër kon jy dit sommer maklik sê as iemand jou terg, ‘n poets bak of te na kom sonder dat daar ‘n hoehaa van gemaak word.

Nie Verbaas ·

Arrogante gemors. Net nog n niks wat dink sy is iets.

Andrew ·

En hoekom kry ons nie meer oor die EFF se Wiekus Kotze op Maroela nie? Die sirkus nar het probleme wat Piet Retief nie kon voorspel nie.

domheks ·

As daar nou ‘n dreigement teen die vrou was wat sou sy gedoen het? cANCer weet hulle kom weg met moord!

Jannie van Niekerk ·

Dis goed dat daar ‘n strafregteklike saak gemaak is en nie ‘n klag by die Malema Regte Kommissie gelê is nie want hulle sal nie teen die EFF en ANC optree nie.

Andries ·

Kan my indink dat dit dalk as grap bedoel was. Partymaal is mense te liggeraak.

Anel ·

As die VF+ lid nou dieselfde teenoor haar gedoen het, was die lid al in die tronk en helfte van die land afgebrand en rassisme geskree. Hoop die een vrot ook in die tronk. En dit ‘n kastige speaker! Maar nou ja, mens kan net droom.

Swerwer ·

Wonder of sy weet wat “grappie” werklik beteken. Arrogansie se moses

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.