Ons trap vir ʼn groter saak!

Christiaan Jansen, Lourens Swart en Jacques du Toit (Foto: Solidariteit Finansiële Dienste)

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) glo dat elke persoon ʼn padkaart na finansiële vryheid moet hê en beywer homself om juis dit aan sy kliënte te bied. Vanuit hierdie siening het ʼn fietsrytoer vir ʼn groter saak die lig gesien.

Drie dapper fietsryers geklee in spoggerige SFD-fietsryhemde pak die lang pad na Kaapstad aan. Met die wilskrag van ʼn leeu en deursettingsvermoë wat bewondering afdwing, durf hierdie manne honderde kilometers aan ten bate van fondse vir Akademia- en Sol-Tech- studielenings.

Hulle het Saterdag, 24 April 2021 om 07:00 die oggend vanaf Sol-Tech se kampus weggespring en beoog om teen 8 Mei 2021 in Kaapstad aan te kom.

“Ons kom amper daagliks in situasies waar ons onsself moet bemagtig en moet werk om ’n voorspoedige toekoms in ons land te verseker,” sê SFD. “Finansies is die laaste ding wat ʼn ambisieuse student moet terug hou. Ons wil deel word van hulle stories vir sukses. Daarom nooi SFD jou uit om ʼn donasie te maak ten bate van hierdie studiefondse en so ook deel te word van studente se blink toekoms.”

Christiaan Jansen, Lourens Swart en Jacques du Toit (Foto: Solidariteit Finansiële Dienste)

Kom, wees deel van die avontuur! Dit is so maklik soos ʼn klein donasie en jy het ʼn paar kilometer namens ʼn voornemende student en ʼn blink toekoms getrap.

Besoek gerus SFD se Facebook-blad om te sien hoe vorder die drie dapper trappers:
https://www.facebook.com/solidariteitfinansieledienste

Wees deel van ʼn Akademia-suksesstorie
As jy wil bydra tot ʼn Akademia-studielening kan jy ʼn donasie maak by: https://www.beweeg.co.za/beweging-afdelings/akademia/

Of jy kan ʼn EFT-donasie maak deur die volgende bankbesonderhede gebruik te maak:
Rekeninghouer: Akademia Kampus Trust
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554

Wees deel van ʼn Sol-Tech-suksesstorie
As jy wil bydra tot ʼn Sol-Tech-studielening kan jy ʼn donasie maak by: https://www.beweeg.co.za/beweging-afdelings/soltech/

Of jy kan ʼn EFT-donasie maak deur die volgende bankbesonderhede gebruik te maak:
Rekeninghouer: Sol-Tech Kampus Trust
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62857561338
Takkode: 210554

Die roete wat die drie fietsryers gaan volg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.