Rian van Heerden wil Pelgrimsrus ‘red’

Pelgrimsrus (Foto: Wikipedia)

Pelgrimsrus (Foto: Wikipedia)

JacarandaFM, onder leiding van die Complimentary Breakfast-program met Rian van Heerden, het aangekondig dat hy, tesame met inwoners, luisteraars én toeriste, alles in sy vermoë gaan doen om Pelgrimsrus in Mpumalanga tot sy eertydse glorie te “herstel”.

Van Heerden het onder meer ʼn beroep op luisteraars gedoen om te help om dié historiese erfenisgebied en toeristeaantreklikheid weer op die been te bring ná die dorp se ekonomie ʼn geruime tyd gelede heeltemal platgeval het.

Pelgrimsrus is een van die sogenaamde Transvaalse goudvelde. Dié dorp het ʼn stormloop van goudgrawers in 1873 gelok weens die groot beskikbaarheid van goud. Dit is ook hier waar grawers sogenaamde alluviale “panning” begin toepas het, wat verseker het dat grawers dieper kan grou. Die dorp het in 1970 ʼn toeristeaantreklikheid geword.

Pelgrimsrus (Foto: JacarandaFM_

Pelgrimsrus (Foto: JacarandaFM_

“Die voorspoed wat jare gelede in die vooruitsig gestel was vir dié dorp, het nooit werklikheid geword nie. Die dorp het intussen ook talle uitdagings en ontwikkelingsdruk in die gesig gestaar, wat die hele ekonomie gepootjie het. Derhalwe was daar ʼn groot afname in toeriste wat Pelgrimsrus besoek, en dit het eindelik daartoe gelei dat die plek verval en daar geen hoop op herstel meer vir die dorp of sy mense is nie,” het Van Heerden in ʼn verklaring gesê.

JacarandaFM het reeds kundiges in gebiede soos kleinhandel-ontwikkeling, toerisme, geologie en die reg ingespan om ʼn verslag in fyn besonderhede voor te lê wat moontlikhede sal verskaf om die dorp te “rehabiliteer”. Die verslag sal onder meer ook groeistrategieë inspan om die dorp te help groei en sodoende sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik.

“Deur gesogte toeriste-aantreklikhede in die dorp op te knap, voorsiening te maak vir eenvoudige noodsaaklikhede soos inkopiesentrums en ontspanningsgeriewe vir die gemeenskap, wil ons die dorp herbou sodat besighede weer kan floreer en toeriste se geloof in die dorp herstel word,” het Van Heerden bygevoeg.

Dié projek is ook deel van Van Heerden se eenjaar-wenslys voor hy einde vanjaar die stasie as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program verlaat.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak en die storie te volg, besoek JacarandaFM se webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

E.K. ·

Dis lankal tyd; mooi so Rian – IEMAND moet die eerste stap neem! Dit was SO oulike plek en gewemel van toerisme jare gelede en ‘n goeie inkomste genereerder maar ja.. dit hte erg vervalle geraak. Ek hoop elkeen wat ‘n plekkie in sy/haar hart vir Pelgrimsrus het sal ietsie doen al is dit hoe klein, om te help!

Lalla ·

En die rede waarom Pelgrimsrus tot niet gegaan het?? Omdat die grootkoppe besluit het regstellende aksie moet ook tot besighede wat daar besit was uitgebrei het. Daarom het die meerderheid besigheidseienaars hulle besighede tot niet gemaak omdat hulle nie lus was vir die gemors wat daarmee saamgaan nie. DIT is waarom die dorp in hierdie penarie sit. Indien politiek nie uit sekere goed gehou word nie, gaan die land nie vooruitgaan nie. Dit is nou maar net so.

Maryka ·

Was Des 2015 daar, was totaal versot op die plek, die Royal-H bedien die lekkerste ontbyt en die grafte en uitsig ook pragtig, klein winkels ook, wou graag die spook toer doen…

Grap ·

Dit sal die beste ding wees wat hy dan in sy lewe gedoen het.sien is glo

Renier Lubbe ·

Politiek was die finale ondergang van die dorpie.

As hulle nou nog ‘n inkopiesentrum ens daar bou sal die dorpie nooit sy nostalgie terugkry nie.

treurgrond ·

Dki Rian – dki – Pelgrimsrus was altyd een van “dorpe” ons het baie daar vakansie gaan hou – dit was net lekker en rustig – en ‘n mens kon luister hoekom Pelgrimsrus daar was – en ons was ook in die Spookhuis net so buite die dorp – wel vir my was dit ‘n Spookhuis met al die ou meubels ens ens – ‘n hele geskiedenis net in ‘n dorp. Baie dankie dat jy en almal net Pelgrimsrus wil hertstel na sy ou glorie toe.

Ben ·

Ek was sowat 2 weke gelede daar. Ingegaan, omgedraai en vinnig uitgery. ‘n Krimineel se droom. Die plek lyk sleg. Op hierdie stadium sal ek niemand aanraai om daar te gaan draai nie. Regering se skuld. Dis so jammer.

Souskluitjie ·

Ek weet nie hoe dit nou daar lyk nie, was laas in 2007/8 daar. Het altyd die lekkerste groentesop daar op die Vine se stoep gesit en eet. Was lief vir die plek, mooi herinneringe, maar ek kan nie meer daarlangs gaan stap nie. Wat verby is, is verby, en sommige plekke sal net in mens se geheue voortleef.

BOLANDER ·

Ai, ek is so bly. Was ook jare gelede daar en was baie beindruk met ons geskiedenis wat daar vertoon word. Baie dankie Rian. Wil graag weer eendag terug gaan soontoe.

JC ·

MOOI SO RIAN!! AL HOE MEER OUENS BEGIN MET SEKDOEN AKSIES WAT “AWESOME” IS,!!!AANGESIEN DIE STAAT NOU VERVALLE IS, EN ONS NIE MEER KAN STAAT MAAK OP HUL VOOGDYSKAP VAN ONS KULTURELE BATES EN ERFENIS NIE!
SIEN: CR SWART SE STANDBEELD WAT NOU GAAN VERSKUIF NA ‘N SPESIALE TERREIN WAAR AL CR SWART SE ANDER NALATENSKAPPE IS, BY DOORNKLOOF NET BUITE
BFN. HIEP HIEP HOERAAA!! VJI: CR SWART WAS ‘N VOORTREKKER, EN DAARBY ‘N MAN MET BAIE HART, INBORS EN OULIK VERBY!!

foxi ·

Rian…as JY dit kan regkry om Pelgrims weer op die been te kry, ondersteun ek jou.
Ja nee…..Pelgrims lyk nou soos n oorlogzone. Verrot! Sekerlik het al daardie afgestorwenes die hasepad gekies. Seker nou in Sabie gaan rus soek.
Het net nie woorde nie!

Leeutjie ·

Nee foxi. Jy wil nie weet hoe dit in Sabie gaan nie. Rian moet daar ook gaan promosiewerk doen. Eens die dorp van die jaar en ‘n rukkie gelede het Sabie gebrand!!!! Die afgestorwenes moet maar aanskuif Witrivier toe….lol!

tom ·

Solank die anc inbewind is gaan dit nie reg kom en julle gaan opbou en hulle wat regeer gaan afbrand en verniel sorry dis die waarheid

Koos ·

Dis seker omdat ons voorvader Louis Trichardt se graf daar is dat die regering die plek so laat verval het. Daai is ons erf grond met n ryk geskiedenis

Joop ·

Was die naweek daar vir die Staffie Rally.Sad om Pelgrimsrus so te sien maar die Keiser van die dag voel Niks nie ….Die locals wat daar werklyk my trek nou in die huise in ….
By karavaan park was geen water vir ablusie blokke vra vir die local wat daar werk …reken hy my eers volgende maand na 15 Oktober as hy pay gekry het. … WTF…
Met sulke houding Ag nee Wat …

Schalk ·

Riaan jou gedagte is pragtig. Ongelukkig is Pelgrimsrus maar net een van die ANC se bewyse van mislukking. Kry die krimenele uit die dorp dan is jy al halfpad daar.
Kry mense met die nodige sake kennis en stop die BEEEE x 20000 gemors idee en siedaar die land word sommer sukses.
Jammer ek is sinies oor die land maar die regering sal net weer gaan teer op die sukses wat daaruit sal spruit. Ons almal het ‘n sagte plekkie vir ons geskiedenis en die mooi wat daar was. Onthou die mooi en probeer eerder die nageslag opvoed in respek vir ander en mekaar.

AvaMae ·

Kyk gerus of iets nie ook aan die gholfbaan se fasiliteite gedoen kan word nie. Dis ook vreeslik vervalle en ‘n erfenis.

marleme ·

goeie gedagte, maar weereens gaan dit net blankes wees wat gaan opbou en bele daarin, dan sal die sharks kom en beheer neem en weereens in die grond in bedryf

jeannine ·

so jammer van die mooi plekkie groot geword inSa het paar jaar terug daar nog gaan kuier was toe al in verval. vat voorbeeld van Kolmanskop in Namibie was daar verlede jaar gaan kuier hulle bewaar die plek daar tenminste mooi stukkie geskiedenis waarom kan hulle dit nie in Sa sonde

Anoniem ·

Mooi gebaar Rian…Maar vir hoe lank dink jy gaan dit dan so bly….Sorry baie negatief en dis ons regering se skuld. Hul het Pelgrimsrus gebring dat dit lyk soos wat dit daar lyk vandag en vir wie gaan jy help op die einde van die dag…..So lyk elke dorp van ons al..vergaan…verwoes…gebou afgebreek…strate vuil en soms onbekombaar…Nee wat Rian moet nie jou tyd en geld van ander mors……….

Celeste ·

Was gister deur die dorp en was tot in my tone geskok om te sien wat daar aangaan. Dit is ‘n baie hartseer. Ons het op die ingewing van die oomblik besluit om daar te stop oppad huis toe, wou so graag vir my 6 jarige die plek wys en oppad soontoe vertel ek vir haar van die lekkergoed winkel, net om agter te kom dat die lekkergoed nou cheap “chinese’ sweets verkoop. Dit lyk soos ‘n plakkerskamp. Ons was nie eers daar vir 30 minute nie, en die heeltyd wat ons daar was was ons bekommerd oor die kar…

M'Lady ·

Rian as jy iets wil doen help eerder om die afskuwelike dieremishandeling in hierdie land stop st sit en skuilings te help wat nie eers kos het om vie die diere te gee nie. Vergeet van Pelgrimsrus. Oor n jaar lyk dit maar weer dieseldfe en al die tyd en moeite verniet.

Lance ·

Die anc het die dorp laat verval net soos al die ander dorpe …goeie jimmel waneer gaan die mense se oe oopgaan. Riaan for president as jy die plek kan opbou en dit so hehou ….dit gaan n geweldige taak wees met daardie trop daar

Pierre Celliers ·

Riaan dis ‘n pragtige gebaar van jou maar, ek’s bevrees, ons almal besef daar’s net te veel politiek vir jou om te hanteer. Gaan nie werk nie, hoe edel ook die voornemens.

Hannelie ·

Pelgrimsrus Veldskool 1987!
Wonderlike herhinneringe………. Ons het in die ou hospitaal teen die koppie bo Pelgrimsrus geslaap, met die krematorium net daar agter. Nodeloos om te sê, die nagwaak was minder lekker met ‘n krematorium op dieselfde gronde LOL. Daardie berge uit gestap en verken, deur die plantasie gestap en geleer van die indringer Black Wattle, in die veld geslaap, skuiling gebou, hindernisbaan (waar jy met GROOT blou kolle en skaafmerke by die huis terugkom) en lantern bekruip.
Mooi herhinneringe wat elke kind moet deurmaak.
Jammer om te sê maar in vandag se omstandighede sal ek nie gemaklik voel dat my dogter dit moet doen nie. Wat/wie skuil nou alles in daardie plantasies?

neelsie ·

Het in die omgewing grootgeword.
Dit het nou verval tot n rowersnes.
Sal graag enige poging ondersteun om die dorp te herstel.
Hoop dit realiseer tot iets positiefs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.