Skool verras personeel met vliegtuigrit

Twintig personeellede van Laerskool Arboretum in Richardsbaai wat nog nooit gevlieg het nie. (Foto: Arboretum Primary School/Facebook)

Twintig personeellede van Laerskool Arboretum in Richardsbaai wat nog nooit gevlieg het nie, se drome is die afgelope week te danke aan weldoeners verwesenlik.

“Ons het agtergekom dat nie een van ons steunpersoneel al ooit ʼn voet op ʼn vliegtuig gesit het nie,” sê Kobus Buitendag, skoolhoof van Laerskool Arboretum.

“So het die idee ontstaan ​​om ʼn geleentheid vir elkeen van hulle te skep om die vreugde en opwinding van ʼn vliegtuigrit te ervaar.”

Buitendag sê hierdie idee is tydens ʼn geldinsamelingsprojek by ʼn gholftoernooi voorgelê aan spelers wat die geleentheid bygewoon het. Die spelers se reaksie was oorweldigend, voeg hy by.

“Dit was verblydend om te sien hoe die spelers hul harte oopgemaak het en bereid was om finansieel tot die projek by te dra.”

Personeellede van Laerskool Arboretum in Richardsbaai wat nog nooit gevlieg het nie. (Foto: Arboretum Primary School/Facebook)

Met die geld wat ingesamel is, het dié personeel op 7 Mei van King Shaka-lughawe in Durban na die OR Tambo- internasionale lughawe in Johannesburg gevlieg, middagete op die lughawe geëet en teruggevlieg.

Buitendag spreek sy opregte waardering uit teenoor elke persoon wat geld geskenk en die projek ondersteun het. “Dit het ons in staat gestel om drome te laat realiseer en hierdie ʼn ervaring van ʼn leeftyd vir ons personeel te maak.

“Dit was ʼn ongelooflike belewenis. Die personeel se individuele terugvoering het my hoendervleis gegee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

krodedil ·

Mooi gebaar,
Maak net seker Elton Jantjies is nie op die vlug nie

Annamarie ·

Mooi gebaar inderdaad. Moes hierdie geld nie eerder gaan vir behoeftige leerders se skoolgeld?

marisa ·

Ek stem saam baie kinders kon met die geld gehelp word heng selfs die sopkombuis kon ‘n paar rand by gehad het? Dis nie dat ek die onderwysers nie dit gun nie ek dink net dit sou ‘n wyser besluit gewees het om die geld beter te gebruik

Gawie ·

Annamarie – gun die mense tog iets! Moet almal altyd so negatief en beterwetig wees?

Ek kan ·

Ag regtig Annamarie. Die geld is vir ‘n spesifieke doel ingesamel. Gun tog maar die sonnetjie oor ‘n ander ook toe! Hoeveel het jy al bygedra vir behoeftige leerders se skoolgeld?

Opinie ·

Gemengde gevoelens, mooi gebaar, maar ek reken die geldjies kon beter aangewend word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.