Skryf jou eie lewensverhaal – maklik en eenvoudig

(Foto verskaf)

Elke mens het ʼn unieke storie om te vertel. Stories en gebeurtenisse uit jou klein- en jongmenstyd. Skryf dit nou neer en laat jou nageslag lekker daaraan lees!

Hulle kan lekker lag oor jou kattekwaad en manewales, jou sportprestasies geniet, verstom staan oor jou kuier en aanlêdae en sommer net alles wat lekker was.

Die Write Your Own Life Book-app help jou met die skryf van jou storie. Die app vra die vrae en jy beantwoord dit – in jou eie styl, met spelfoute en al. Jy kry ʼn geheime PIN-kode sodat jou storie ʼn geheim bly totdat jy dit beskikbaar stel, deur dit óf vir iemand te gee óf deur die PIN-kode in jou testament beskikbaar te stel.

Jan kan self kies of jy dit op ʼn rekenaar, tabletrekenaar of slimfoon wil neerpen. Jy kan dus enige tyd en op enige plek verder aan jou verhaal skryf.

Wanneer jy jou lewensverhaal skryf gaan jy aan baie voorvalle, mense, gebeure, plekke en ou vriende terugdink. Jy gaan die goeie tye, swaarkry en onsekere dae onthou maar ook die opwindende tye en hartseer oomblikke.

Vir baie mense is die skryf van jou eie lewensboek ʼn tipe ontlading – ʼn geleentheid om te bieg, om laste af te laai en moontlik ook vergiffenis te kry. Jy kan ook foto’s, (oudio en video’s binnekort lewendig) oplaai. Die nageslag kan dus jou stem hoor en jou onthou, en jou “in aksie” beleef wanneer daar na die kort video’s gekyk word.

Kinders en kleinkinders gaan dit baie geniet om die oupas en oumas se stories te lees!

Hierdie app is ʼn eg Suid-Afrikaanse produk, in Afrikaans en Engels beskikbaar en is ook baie bekostigbaar.

Kry dit vir jouself, jou ouers, jou kinders, jou skoonfamilie en laat elkeen begin om hul eie lewensverhale neer te pen. Jy kan ook ouer mense help om hulle stories te skryf.

Hierdie is ʼn ideale Kersgeskenk, verjaarsdaggeskenk of sommer net ʼn vriendskap-geskenk.

Klik op hierdie skakel en lees meer oor hierdie nuwe app wat reeds deur bekende sangers, rolprentsterre, sportlui en politici gebruik word. Skryf jou eie lewensverhaal op ʼn eenvoudige manier, in jou eie tyd, in jou eie omgewing, op jou gemak. Jy en diegene wat dit eendag gaan lees, gaan dit sommer baie geniet.

Vir groep of korporatiewe aankope (byvoorbeeld ʼn maatskappy wat dit vir sy werknemers wil gee of ʼn maatskappy wat dit vir kliënte wil aanbied) kontak Lean Badenhorst van WYOLB by 079 828 8897 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir spesiale tariewe.

Word deel van die nuwe ‘modegier’ in die wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.