Spar Women’s-wedloop vat hande met Parkrun South Africa

(Foto: Verskaf)

Jy kan nou aan die Spar Women’s Virtual Challenge by jou naaste park-pretloop deelneem danksy ʼn samewerkingsooreenkoms tussen die winkelgroep en Parkrun South Africa.

Die virtuele weergawe van dié gewilde jaarlikse wedloop is in 2020 van stapel gestuur te midde van die Covid-19-pandemie en is nou terug vir ʼn derde keer en boonop met minder beperkings.

Die nuwe vennootskap met Parkrun South Africa beteken dat deelnemers vanjaar op 3 September tussen 06:00 en 18:00 kan stap, draf en hardloop by enige van die 176 Parkrun-lokale oor die hele land heen.

Registrasies is eenmalig en deelnemers moet onthou om hul Parkrun-strepieskodes byderhand te hou. Wegspringtye verskil ook van lokaal tot lokaal, so besoek Parkrun se webwerf vir meer inligting rakende dié tye.

Aanlyn inskrywings is reeds oop en as deel van die R120-inskrywingsfooi sal elke deelnemer ʼn virtuele “uitdagingspakkie” ontvang, wat ʼn T-hemp, toegang tot die My Virtual Challenge– digitale tydskrif, ʼn gesigsokkie (buff) en ʼn medalje insluit.

Deelnemers kan vanjaar ook hul wedloopnommer en eindstreepsertifikaat op die Spar Women’s Virtual Challenge-webwerf genereer.

Raak ook deel van die aanlyn pret op sosiale media deur die hutsmerke #IRise en #SPARVirtualChallenge by jou post-hardloop-selfies te gebruik.

Vir meer inligting en om in te skryf, besoek www.sparvirtualchallenge.co.za.

Inskrywings is beperk tot 60 000 deelnemers. Skryf nou in om teleurstelling te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.