Talle antwoord op ma van outistiese seun se pleidooi

Klein Ethan (Foto: Verskaf)

Carina Verwey, ʼn Wes-Kaapse vrou en ma van ʼn outistiese seun, sê haar vertroue is ten volle in die mensdom herstel nadat honderde mense haar genader het ná ʼn pleidooi om hulp op Facebook.

Verwey het vroeër vandeesmaand in ʼn inskrywing op Facebook gesê haar seun, Ethan, dra al vir ʼn geruime tyd een paar tekkies wat hy intussen al ontgroei het, en weier om ander tekkies – hoe soortgelyk ook al – te dra.

Sy het verder gevra of daar nie ouers van jong seuns is wat moontlik dieselfde paar tekkies gekoop het by wie sy dit weer kan koop nie, omdat dit die enigste skoene is wat jong Ethan wil dra.

Intussen het meer as 30 mense Carina direk genader om haar met die soekproses te help. Altesaam 15 ander ouers, en die kettingwinkel Ackermans, het ook laat weet dat hulle wel van dié einste tekkies het.

“Meer as 1 200 wonderlike mense het my post geshare en baie wat self met outisme te doen het, het my genader en raad gegee en sommer net my gevoelens gedeel oor hulle weet waardeur ek gaan,” het sy vertel.

Carina vertel dié inskrywing het gevolg ná ʼn oggend wat sy heeltemal moedeloos gevoel het.

“Hy was sommer net omgekrap oor die tekkies nie meer lekker pas en nie lekker aan sy voete sit nie. Ek mag dit net in die motor aantrek voor ons skool toe gaan en nie in die huis nie. Ek het vroeër vir hom ʼn ander paar groter rooi tekkies gaan koop, want dié paar is amper heeltemal te klein. Hy wou niks van dié tekkies weet nie – ek mag dit nie eens naby hom bring nie.

“Ek het besef ek sal moet soek na die einste tekkies wat ek verlede jaar by Ackermans gekoop het, want ek kry dit nie meer in die winkels nie. Ek was in trane oor sy ontsteltenis en meltdown en het die inskrywing gemaak in die hoop dat iemand kan help. Die terugvoering was ongelooflik! Soveel mense het my inskrywing gedeel en my genader en selfs Ackermans het uit hul pad gegaan om vir ons skoene te soek.

“Ek het selfs ʼn onverwagse oproep van Ferdinand Rabie, die Big Brother 2001-wenner en eienaar van Ferdinand’s Tours and Adventures en sy vrou, Samantha, gekry, en hy het deurgery en vir ons sy seuntjie se paar tekkies gebring.”

Carina sê sy het nou bykans al die groter pare van dieselfde soort tekkie.

Sy sê dié gebaar wys hoeveel goedheid daar steeds te midde van slegte omstandighede in die land is. “Dis wonderlik dat daar so baie goeie mense daarbuite is wat by mekaar staan en hul hand uitreik om ander te help. Ek wil vir elkeen van hulle baie dankie sê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Suzie

Mooiste ou seuntjie :)

Mooi Man!

Ethan – jy rock! As jy hou van ‘n paar skoene is dit reg so seun …. sorg die volgende paar is net dieselfde. Dankie mamma vir jou moeite.

Gvs

Wow, dankie aan elkeen wat die mamma gehelp het. Ja daar is nog goeie mense.

Mariette

Carina eks so bly jyt soveel positiewe reaksie gekry. Waar ‘n wil is, is ‘n weg. Jys n mamma 1000…

wou net se

So ‘n ma kort n medalje vir uithou vermoe – mooi skoot vir almal wat help want hier in ons land is daar nog b a i e goeie mense en ons hoef ook nie te ver te soek nie Ons het 2 maande terug ‘n baba seuntjie gekry om in plek van veiligheid te hou aangesien sy ouers altwee verslaafdes is – en mense het van oral om vir ons klere en doeke en alles wat nog nodig kon wees gegee – baie dankie aan almal wat altyd so bereid is om te help julle sal geseen word gelukkig… Lees meer »