Video: Bestel jou gunsteling-koffie só in gebaretaal

(Argieffoto: Pixabay.com)

Of jy nou lief is vir ʼn sterk espresso, jou dag met ʼn gewone cappuccino begin of eerder ʼn romerige café latté verkies, jy kan nou dié koffie in gebaretaal bestel danksy Ciro se innoverende Dowe Barista‑projek.

Ciro, Suid-Afrika se grootste vervaardiger en verspreider van koffie, het ses jaar gelede met ʼn koffie-akademie begin en drie jaar later ʼn module bygevoeg wat gemik is op die opleiding van dowe baristas. Daar was egter ʼn hindernis wat eers oorkom moet word – daar het geen gebaretaal vir koffie-terme bestaan nie!

Ciro het dadelik aan die werk gespring en saam met vennote soos E-Deaf gebaretaal uitgebrei sodat gehoorgestremdes doeltreffend oor koffie, en verskillende soorte koffie, kan kommunikeer. Dié nuwe gebaretaal-terme vorm nou deel van Ciro se Dowe Barista‑projek waardeur die maatskappy dowe persone as baristas oplei, en terselfdertyd die publiek help om die gebaretaal-teken vir hul gunsteling-koffiedrankies aan te leer sodat daar geen kommunikasiegaping tussen die publiek en dowe baristas bestaan nie.

Lees hier meer oor dié baanbrekerprojek.

Kyk hier hoe om jou gunsteling-koffiedrankie in gebaretaal te bestel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.