Hy wou sommer net ʼn vriend en sy dogters laat glimlag toe hy die plaashek by Baviaanskloof in die Oos-Kaap vasgegryp en met dié hek gesokkie het, vertel Johan Naudé van George. Nou het ʼn video van sy sierlike danspassies – wat bykans 400 000 keer gekyk is – soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Naudé het Donderdag aan Maroela Media vertel hy en ʼn vriend, Kobus King, en sy dogters het voor ʼn groot plaashek op pad na ʼn wildkamp by dié natuurreservaat stilgehou toe die video geneem is.
Hy sê sy dogters het heelpad lank musiek in die bakkie geluister, en toe hy uitklim om die hek oop te maak en Theuns Jordaan se liedjie “Sal jy bly” speel oor die radio, het hy sommer dié hek met ʼn huppel in sy stap oopgemaak.
“Dit was nie iets wat beplan was nie, dit het sommer net gebeur. Kobus en my dogters het só gelag, hulle het vir my gesê ek moet dit weer doen sodat hulle my kan afneem. Toe doen ek dit – want ek hou daarvan om mense te laat lag,” vertel hy.
Naudé, nié ʼn boer soos talle op sosiale media na hom verwys nie, sê hy was aanvanklik verbaas oor hoe die video op sosiale media versprei het. “Ek wens ek was ʼn boer,” lag hy. “Ek is egter net ʼn man wat hou daarvan as ander lag, want as hulle lag, lag ek ook. Ons was verbaas om te sien hoeveel keer die video gekyk is, want ons het dit natuurlik sommer net suiwer vir die pret gedoen. Nou is daar talle wat by my aandring om die video sommer vir kykNET se Kwêla funnies-program in te stuur.”
King sê hy het aanvanklik ʼn verskuilde agenda gehad om eerder te bestuur as om aan die passasierskant te sit. “Ek wou nie hekke oopmaak nie, maar as ek nou daaraan dink, sou ons nooit hierdie snaakse oomblik vasgevang het as ek wél aan die passasierskant gesit het nie,” vertel hy.
Die video is op King se selfoon geskiet en sedert 3 Januarie meer as 8 000 keer op sosiale media gedeel.
Mensig! Maar daar is passie in die walsie! Ek kon sweer dit is n boer na n oesreddende bui reën!
lmklaaaaaa….te lekker
Oulik. Lag is lekker.
“ek wou net my vrou en dogters laat glimlag” nope, hulle het reg gesit om af te neem. Almal wil nou internet roem kry.
Mmm mmmaar jy is nou sommer suur, hy sê mos hulle het gevra doen dit weer dat hulle hom kan afneem.
Suur knol
Dit is so lekker om sulke sorgelose optrede te sien.
Mmm…
Shame! Die lewe druk maar ne?
Net op ‘n punt van orde… “my VRIEND en dogters”
Ag maar jy is ‘n ou suurknol Mmm……
OU nat vaddoek .. hy het 400 000 mense laat lag, nie net sy vrou en kinders nie, en in ‘n land waar mense daagliks vermoor word en daar NIKS meer is om oor te lag nie, het hy darem ‘n plan gemaak om ‘n glimlag op mense se gesigte te sit. Hy het nie JOU toestemming daarvoor nodie nie.
Ag ou Mmm man, jy is net jaloers dat niemand JOU op ‘n dansie betrap het en wêreldberoemd gemaak het nie.
Jy sien nou, geen duimpies op Maroela nie! een op vir die hekwals!
“Hekwals” , beskrywende naam! Mense laat rol sulke videos in, ons het so nodig om weer te leer lag! Dankie Johan Naudé!
As ons met so n huppel in ons stap die toekoms kan instap, kan hierdie mooi land van ons n gedaante verandering ondergaan.
Ek en my vrou het nou gelag dat die trane loop. Lank laas so lekker gelag
Lekker pret! ‘n Glimlag ná die hartseer nuus oor Siam Lee. ;-)
Weet nou nie waaroor die gelag gaan nie mense wil nou te veel na aap en dan maak hulle hulle self net belaglik!
Belaglik by wie? By mense soos julle wat snobs is en dink jy beindruk mense net met julle geld. Ek dink dit was baie oulik, Wie gee om by wie hulle belaglik is? Trump is by sekere mense belaglik, Zuma is by ander belaglik en tog is hulle PRESIDENTE van lande .. so laat die man maar sy mense vermaak, beslis nie belaglik nie.
Oulik….lekker lag vroeg in die dag! Vader God sal nog eendag aan my moet verduidelik hoekom hy suurknolle ook in die skepping ingebring het…rerig mense, raak ontslae van julle issues en bagasie – hierdie is sommer net heerlik laf wees en ons wereld het baie daarvan nodig!
Ek het my klaar gelag! In hierdie land met al sy moord en doodslag, het ons ‘n bietjie humor nodig. Mmmmm….jy is jaloers, jy het seker nog nooit ‘n hekdans gedoen nie.
Ek stem saam Mmm, Saffas sukkel om enigens iets oorspronklik te doen.
EN jy sukkel om te spel.
ag kom nou gladnie snaaks
ag oom ek sal dit geniet om jou op n ou skuur se meel bestrooide vloer met n lekke boere band te kry…..ek lief vasdans en jy het net die regte ritme.
Dankie oom !! Nou lekker gelag. Ek wens ek was daar om oom aan die hand te neem en saam in daai stof pad lekker te kon skoffel. Eg Afrikaner styl. Lekker oom lekker.
Kyk dit is nou snaaks. Jy het verseker my laat lag…..
Baie oulik en is baie goed gedoen.
Klassiek!! Baie oulik
Skitterend! Dans wil hy dans, al is ‘n hek sy maat!
Hi Johan, soek jy nie dalk iemand om saam met jou te wals nie? Ons tweetjies sal nog n bietjie stof ook op skop. Beter as om met n hek te dans. Dis te oulik.
ag te lekker. Geniet elke oomblik. Dis so lekker om sulke lawwe lag dingetjies saam met mens se pa te kan doen.