Wen ’n Kersfeesbonus met Maroela!

Met brandstofpryse wat die hoogte inskiet, ʼn wêreldwye pandemie wat die ekonomie lamgelê het en ʼn jaar wat baie langer as net die gewone 12 maande gevoel het, het Maroela vir ons lesers goeie nuus!

Drie gelukkige Maroela-lesers kan elkeen ʼn Kersfeesbonus van R5 000 kontant wen.

Jy kan dié geld spandeer net soos wat jy wil. Dalk wil jy graag vir jou kinders Kersgeskenke koop, dalk wil jy jouself of jou geliefdes met iets spesiaal bederf, of dalk kan die bonus help met opknappingswerk aan jou huis – dit is joune om te gebruik!

Laat weet ons op watter manier Maroela hierdie jaar ʼn verskil gemaak het in jou lewe – of dit nou net was om op hoogte te bly van die jongste nuus, of ʼn spesiale storie wat jou aangeraak het, of dalk het jy lekker gelag vir een van die grappe in ons soeke na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye – ons wil van jou hoor!

Laat weet ons voor 12 Desember 2021 en staan die kans om ʼn kontantbonus van R5 000 te wen!

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum van die kompetisie is 12 Desember 2021 om 23:45.
  • Die drie wenners se name sal lukraak getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela sal die drie wenners telefonies en per e-pos in kennis stel dat hulle gewen het.
  • Maroela Media sal die wenners se bankbesonderhede skriftelik bekom om die kontant in hul rekenings deur middel van ʼn elektroniese oordrag in te betaal.
  • Jy moet in besit wees van ʼn Suid-Afrikaanse bankrekening om vir die prysgeld in aanmerking te kom.
  • Indien jy een van die wenners is, kan jy die geld spandeer soos wat jy wil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.