Wen ʼn piekniekmandjie spesiaal vir jou gesin

‘n Voorskou van dit wat jy in jou mandjie kan verwag (die bederfbare happies moet jy egter self verskaf)

Vir Ina Lessing is daar niks belangriker as haar gesin en familie nie. Die kinders sal nou vir jou vertel dat die kleinkinders deesdae wegkom met moord by ouma, maar hulle aanbid ook die grond waarop hierdie ouma Ina loop! Sy kan hulle met gemak oortuig van iets wat die ma al weke lank mee sukkel. Dit is die “geheime kragte van ʼn ouma”.

Gesinstyd en familietyd is kosbaar. Dit word aan ons geleen – jy verdien niks, maar ontvang dit uit genade. Dit is iets wat God goed en mooi gemaak het.

Jou gesin is jou glasballe. Jy het elke dag by die werk, op die pad, in die winkel, baie balle om in die lug te hou. Maar hulle is almal rubberballe. Hulle kan val en gaan weer terugbons. Maar ʼn glasbal spat aan skerwe as hy val. En daardie glasballe is jou gesin en familie. Jy wil nie een verloor nie!

By die werk kan hulle jou vervang, maar by die huis is jy van onskatbare waarde en ʼn onmisbare “glasbal”. Sorg dat jy saam eet om die tafel. Bid saam, en lees saam in die Bybel. Maak tyd vir luister. Sit jou foon ʼn bietjie neer en deel in jou kinders se dag by die skool wanneer hulle vir jou vertel. As ouer het jy min tyd vir voorlees voordat hulle self wil begin lees – gryp daardie storietyd aan voor slaaptyd. Sorg dat jy elke dag sulke onthou-oomblikke skep, selfs al is jy moeg en gedaan ná ʼn harde dag se werk. Daar is net 365 dae in die jaar: elkeen wat jy misloop, gaan jy nooit weer terugkry nie.

Kwaliteitgesinstyd is besonders en baie spesiaal. Koester dit en pak jou lewe en dié van jou kinders vol met hierdie onthou-tye. Wanneer hulle eendag verder sonder jou moet stap, sal hulle tassie vol wees van onthou en dit sal hulle kan dra.

Ina Lessing pak vir jou ʼn baie spesiale piekniekmandjie (met ʼn plastieksakkie waarin jy jou foon kan wegbêre). Geniet die tyd saam met jou gesin. Ina Lessing-produkte bring die gesin weer naby aan mekaar. Hegte bande word rondom ʼn maaltyd gebou.

Wat kan jy wen?

Drie gelukkige Maroela-lesers staan elkeen die kans om dié Gesinsdag ʼn yslike piekniekmandjie vir jou gesin te wen. Maak seker jou inskrywing bereik ons voor 10 April 2023 om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys.

In hierdie mandjie pak Ina Lessing vir jou die volgende:

  • ʼn Piekniekkombers
  • ʼn Inkopielysie vir vier produkte (wat jy self voor jou piekniek gou by die winkel kan gaan aanskaf)
  • ʼn Vatlap vir taai vingers (maak dit net vooraf nat en neem saam in die sakkie)
  • Messe, lepels, bordjies en bekers
  • Koffie en ʼn klein plonspot (neem ʼn fles kookwater saam)
  • Een boksie melk
  • Ina Lessing-appelkooskonfyt – geniet dit op die broodjies of saam met kaas op die soutkoekies
  • Ina Lessing Piquante-rissie – saam met koue vleis of kaas
  • Ina Lessing Lemoen- en rissiestroop – op die soutbeskuitjies saam met kaas
  • Ina lessing Piekelkomkommer – netso uit die bottel of op ʼn soutkoekie
  • Ina Lessing Soetmosterd – saam met die koue vleis op ʼn soutkoekie
  • Soutkoekies
  • ʼn pakkie Ina Lessing-koekies vir na die tyd saam met die koffie.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit Maandag, 10 April 2023 om 23:45
  • Die wenners se name sal lukraak uit die inskrywings gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos met die wenners in verbinding sal tree.
  • Die wenners se name sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die mandjies sal per koerier by die onderskeie wenners afgelewer word.
  • Maroela Media en Ina Lessing-produkte kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer van inhoud van die piekniekmandjie gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.