WEN: Vellies vir ma en pa en ʼn heerlike geskenkpak vir die gesin!

Die geskenkpak wat jy in ons Gesinsdag-kompetisie kan losslaan

Ons het die afgelope jaar geleer om die mense vir wie ons lief is, te waardeer. Ons het geleer om spesiale oomblikke te koester en kosbare tyd saam te geniet.

Met Gesinsdag om die draai (op 5 April) het Maroela Media dit goedgedink om ʼn gesin te bederf met ʼn spesiale geskenkpak ter waarde van R2 300!

Want wat is dan nou lekkerder as om tyd saam te spandeer as gesin?!

In dié geskenkpak, spesiaal saamgestel uit produkte in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, kry jy:

Ons sal boonop die geskenkpak spesiaal in gesprek met die wengesin saamstel.

Só maak jy

Al wat jy moet doen om te wen is om ons bietjie meer van julle gesin te vertel: Hoe spandeer julle gesinstyd saam? Het julle ʼn spesiale aktiwiteit wat vir julle lekker is? Of het julle dalk ʼn spesiale gesinstradisie? Of is daar dalk iets uniek of spesiaal aan jou gesin? Jy kan enigiets in die blokkie hier onder met ons deel wat jy dink die beoordelaars se harte gaan steel.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart 2021.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Indien julle meer as vier persone in die gesin is, kan die geskenkpak ongelukkig nie uitgebrei word nie.
  • Die finale geskenkpak sal in samewerking met die wenner (volgens Maroela se oordeel) aangepas word om by die gesin se behoeftes te pas.
  • Die prys kan slegs na ʼn adres in Suid-Afrika versend word.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart om 23:45.
  • Die wenner sal op 5 April 2021 op Maroela Media bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.