Wêreldgehalte onderrig, wêreldwyd in Afrikaans

Akademia. (Foto: Verskaf.)

Jou ligging, ongeag waar jy jou in die wêreld bevind, hoef jou nie daarvan te weerhou om hoër onderwys in Afrikaans te ontvang nie. Gehalte onderrig in Afrikaans by Akademia is nou moontlik vanaf enige plek in die wêreld.

Vanaf 2021 sal Afrikaanssprekendes in die buiteland die geleentheid hê om ook ʼn kwalifikasie deur dié private hoëronderwysinstelling te voltooi. Dit is net nóg ʼn manier hoe Akademia Afrikaans op tersiêre vlak bevorder.

Navorsing het al oor en oor bewys dat moedertaalonderrig studente help om abstrakte konsepte makliker onder die knie te kry omdat kognitiewe ontwikkeling juis in die moedertaal verhoog word. Deur konsepte beter te verstaan, maak dit oordrag na ʼn tweede of selfs derde taal heelwat makliker, en is studente uitstekend toegerus vir die werksplek. Moedertaal­onderrig skep ook ʼn mate van geborgenheid waarbinne studente tuis voel om in ʼn veilige leeromgewing deel te neem.

“Na talle navrae van persone in die buiteland wat graag in hulle moedertaal wil studeer, het Akademia besluit om hulle vanaf volgende jaar te akkommodeer. Hierdie metode van onderrig vorm deel van die bestaande nauurse onderrigmodel, en buitelandse studente sal nou via e-leer aan hierdie onderrigmodel kan deelneem,” sê Liana Venter, registrateur van Akademia.

Kontaksessies by Akademia is steeds verpligtend, alhoewel hierdie kandidate in die gerief van hulle eie wonings of werksplek – op Suid-Afrikaanse tyd – by kontaksessies kan aansluit. Nes die bestaande metode van onderrig, sal e-leerstudente ook na afloop van klasse toegang tot opnames ontvang. Optimale ondersteuning deur top-akademici en toegang tot die aanlyn leerbestuurstelsel, genaamd die Spens, vorm deel van die leerervaring by Akademia. Alle assesserings vir buitelandse studente sal ook elektronies of by ʼn sentrale assesseringsentrum geskied.

“Al wat buitelandse studente nodig het, is toegang tot redelike internet- en skootrekenaarfasiliteite, voldoening aan die minimum toelatingsvereistes, sowel as ʼn positiewe ingesteldheid en deursettingsvermoë om hulle loopbaanreis suksesvol aan te pak,” sê Venter.

Alle Akademia-kwalifikasies is geakkrediteer volgens die riglyne wat deur die Raad op Hoër Onderwys in Suid-Afrika vasgestel is, wat beteken dat dit aan dieselfde standaarde as dié van openbare nasionale universiteite gemeet is. Alle private hoëronderwysinstellings en openbare universiteite moet aan hierdie riglyne voldoen.

Volgens Venter kan geen hoëronderwysinstellings of openbare universiteit aandui dat hulle kwalifikasies internasionaal geakkrediteer is nie aangesien elke land ʼn kwalifikasiereguleerder het wat kwalifikasies van ander lande evalueer en dan so erkenning verleen.

“Akademia se kwalifikasies is egter van so ʼn gehalte dat van ons studente wat reeds in ander lande verder gaan studeer het of aansoek gedoen het vir werk, geen probleem ervaar het om erkenning vir hulle kwalifikasies te kry nie.”

Hier is die kwalifikasies wat buitelandse studente by Akademia kan studeer:

  • Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
  • BCom (Bestuursrekeningkunde)
  • BCom (Ekonomie en Regte)
  • BCom (Finansiële Beplanning)
  • BCom (Ondernemingsbestuur)
  • BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
  • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
  • Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

Waarvoor wag jy? Stuur jou loopbaan in die regte rigting met ʼn gehalte kwalifikasie. Aansoeke vir studies in 2021 sluit 2 Maart. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting of rig navrae aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.