Weskusleerder wen met Wolkskool en Virseker

Bartho Brittz, skoolhoof van Hoërskool Vredenburg in die Wes-Kaap, Meshae Goedeman, wenner, en Andre Badenhorst van die Wolkskool. (Foto: Verskaf)

Die derde wenner in die Virseker Trust en die Wolkskool se Kop-in-die-Wolke-kompetisie is onlangs in Vredenburg aan die Weskus aangewys. Die Goedeman-gesin het skoolgeld van R30 000 gewen. Die geld is onlangs deur die Wolkskool aan die skoolhoof van Hoërskool Vredenburg oorhandig.

Hoërskool Vredenburg se skoolhoof, Bartho Brittz, is baie dankbaar oor die ondersteuning wat die Solidariteit Skoleondersteuning (SOS) en spesifiek die Wolkskool bied.

Meshae Goedeman is ʼn gr. 9-leerder aan die skool en ʼn aktiewe gebruiker van die Wolkskool se aanlyn leerplatform. Haar ma, Myrtle, het ʼn kwotasie aangevra by Virseker en was verheug toe sy hoor Meshae se skoolgeld gaan deur die prys gedek word.

Meshae het ʼn liefde vir musiek en drama, en het dikwels ʼn behoefte om die dag se wiskunde- en natuurwetenskappe-lesse weer deur te gaan. Ná elke les wat by die skool behandel word, gaan sy na die betrokke Wolkskoolles om dit vas te lê. Die Wolkskool se video’s, werkkaarte en kort toetsies verseker dat sy die werk soveel beter verstaan.

Daar is elke maand skoolgeld van R30 000 op die spel vir ʼn gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op die Wolkskool het en ʼn kwotasie by Virseker aanvra. As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.

Volgens Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, bied die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit ʼn winskoop teen slegs R95 per maand.

Skryf vandag nog in vir die kompetisie deur die kompetisieblad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.