[Luister] Witter as wit

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

Dis stil. Dis net die horlosie se getik-tik en Ouma se asemhaling wat die klein kamertjie vul. Dit en die bekende reuk van Ouma se smeergoedjies. Ek vryf Ouma se sagte bo-arm saggies. Sy reageer nie. Dis net ek en sy.

“Ek vryf oor die vingers. Dieselfde vingers wat so behendig my rokke se some ingewerk het; die spelde uit haar mond gehaal het om ‘n rok af te steek. Dis met ‘n vreemde vrede in my dat ek die afgelope week toekyk hoe ouma verswak.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae