Desember. Kersliedere weerklink. In ons plaaslike winkelsentrum stap mense heen en weer met pakkies. Maar die Kersfees-atmosfeer, die bome en liggies vul my met beklemming.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "stilwoord"
Luister: Witter as wit
Dis stil. Dis net die horlosie se getik-tik en Ouma se asemhaling wat die klein kamertjie vul. Dit en die bekende reuk van Ouma se smeergoedjies. Ek vryf Ouma se sagte bo-arm saggies. Sy reageer nie. Dis net ek en sy.
Luister: Vensterkind
Hy is soos iemand agter ‘n dik eenrigtingruit. Naby, maar tog ver. Hy kyk soms na jou sonder om jou te sien. Jy praat met hom sonder dat hy reageer. Die mooiste seuntjie – ‘n donkerkoppie met ‘n ligte vel, blou ogies en die lieflikste glimlag.
Luister: Om huis toe te gaan
Laas Vrydag pak ek in om huis toe te gaan. Huis is die plek waar jou pa en ma bly. Huis is ‘n woord vol kleure, gebeure, beelde en klanke.
Luister: ʼn Rooi hartjie op my hart
Vyfuur. Skoolgebou. Ekstra klas. Bank toe gejaag om vir Sussie op die Puk geld in te betaal. ‘n Rugbytrui vir Boetie gaan koop. Hom weggebring en gaan haal, betyds vir sy oogarts-afspraak. Nou is daar ‘n lamte in my gebeente.
Luister: ʼn Halwe drie
My jongste lyk opgebruik toe hy by die kar inval. Die manier waarop hy sy sak agtertoe smyt, spreek boekdele. Daar is ‘n bloederige skraap op sy wang. Blou merke op sy bobeen. Sy krulle is met sweet aan sy slape vasgeplak.
Luister: Melktert vir Mob
“Maa-haa!” Dis Boetie wat met sy kop in die yskas roep. “Is die melktert vir ons?” “Nee?” skrou ek. “Dis vir Oom Dirk se verjaarsdag. Kry ‘n stukkie van die konfyttert.”
Luister: Issues en ouma se tiesjoes
“My neus loop,” kla Magdi. Dis kwart voor sewe op ‘n Saterdagoggend. Goed koud. En in plaas van in ons beddens, is ons in die motor, op pad na Magdi se arbeidsterapietoelatingseksamen.
Luister: Iemand om aan te hang
“Moenie so aan my hang nie, Rietjie!” Dis al skemer en ek is in die winkelsentrum op pad na Pick n Pay vir brood en melk. Marietjie, op 12 al ‘n kompulsiewe koper, natuurlik saam. Ek is moeg en sommer lus om vies te wees.
Luister: Die wyse man sonder ʼn naam
Hy’s altyd dieselfde, altyd daar, altyd vriendelik. “Lekker weer wat ons vandag het,” sê hy opgeruimd terwyl hy die trollies by my neem.
Luister: Die stut en die piekie
“Het jy sonbrandroom in?” vra ek op pad skool toe in die motor vir my vurige Affie-seun. “Neee Maa!” vererg hy hom. “Ek brand mos nie sommer nie.” Ek sug liggies en stry liewer nie.
Luister: Die Sleutel
“Hierso.” Rudolf oorhandig ‘n motorsleutel aan ‘n bruin leersleutelhouertjie aan my. Hy lyk ernstig en amptelik. Ek frons. Ek ken nie die sleutel nie.
Luister: Die regte pad
Halfpad deur die middagete se slaai kom slaan my jongste sy arm liefderyk om my skouer. “Wat doen Ma vanmiddag?” “Hoekom?” vra ek behoedsaam.