Die slot Pieter-Steph du Toit en die stut Vincent Koch is in die Springbokke se opdrafspan ingesluit vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks in die AMI-station, Christchurch.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 September 2016
Nog geen besluit oor korrupsieklagte teen Zuma
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het steeds nie besluit of hy sal voortgaan met aanklagte van korrupsie teen pres. Jacob Zuma nie. Dié aanklagte is in 2014 aanhangig gemaak na aanleiding van die openbare beskermer se verdoemende Nkandla-verslag.
Binnelandse sake ontken bewerings oor geboorteregistrasies
Die departement van binnelandse sake het Woensdag gesê bewerings wat op sosiale media versprei word dat ouers verpligte DNS-toetse moet ondergaan om ʼn geboorte te registreer, is onwaar.
Senior regeringsbeampte in oprit doodgeskiet
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn 52-jarige senior regeringsbeampte Woensdag by sy huis in Oos-Londen in die Oos-Kaap doodgeskiet is.
VN-komitee kap SA-regering oor apartheidsklassifikasies
Die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) het die regering in ’n verslag gekap oor sy gebruik van ou apartheidsklassifikasies in die aanbieding van statistieke.
SA breier se Aussie-klub kom pak twee op toer
Die Australiese Shuteskild-klub, West Harbour Pirates, kom vroeg Oktober vir twee wedstryde na Suid-Afrika.
‘Zuma verkies lugmagvliegtuie’
Die presidensie het Woensdag gesê pres. Jacob Zuma verkies om eerder met die Suid-Afrikaanse Lugmag se vliegtuie te vlieg as met huurvliegtuie.
ToekomsVenster: Woord van kennis wys wat ons moet weet
Aan ‘n ander gee Hy die gawes van spesiale kennis.
Die wêreld in foto’s – 14 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nuwe seisoen vir ‘Republiek van Zoid Afrika’ om die draai
Die vierde seisoen van die gewilde kykNET-geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, is van 11 Oktober in ʼn nuwe tydgleuf op die kassie te sien.
Bejaarde sterf ná mesaanval in bed
Die bejaarde man wat Woensdagoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem is nadat hy in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval is, het aan sy beserings beswyk.
Balju gee ampsmotor kort ná beslaglegging weer terug
Die balju het Woensdagoggend ten aanskoue van verslaggewers op Maripe Mangena, burgemeester van Tzaneen in Limpopo, se luukse Mercedez-Benz GLE 350 ter waarde van R1,2 miljoen beslag gelê.
Gedig: Resep
“die resep wat’s dit, die draadloos praat so baie oor potjie, ma wat’s dit,” skryf Patrick Petersen in sy gedig, “Resep”
GB: Evergreens reik hoër as die agtste plek
Evergreens van Pacaltsdorp (Suidwestelike Distrikte) wil nie net weer die kwarteindronde van die reeks om die Goue Beker (GB) haal nie, maar dié keer beter as die agtste plek vaar.
[Foto’s] Paralimpiese atlete wat na medaljes luister, verower harte
Op die Paralimpiese Spele wat van 7 tot 18 September in Rio de Janeiro aangebied word, is vanjaar vir die eerste keer spesiaal-ontwerpte medaljes aan gesiggestremde wenners gegee sodat dié atlete dié medaljes kan hoor.
Vroue ure lank tydens KZN-plaasaanval aangehou
Vyf gewapende mans het Dinsdag helder oordag op ʼn plaas buite Shakaskraal in KwaZulu-Natal toegeslaan en drie vroue drie uur lank aangehou en hardhandig behandel.
Man se bene gebreek toe muur bo-op hom val
‘n Man is Woensdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Johannesburg gehaas nadat ʼn muur op hom inmekaargetuimel het.
Langlaagte-myn: Nóg myners na oppervlak gebring
Die polisie het Woensdag gesê minstens drie van die onwettige myners wat in ʼn mynskag in Langlaagte in Johannesburg vasgekeer is, is dood.
Kwotakrieket: dit gaan om meer as net die beginsel
Daar kan nie veel fout gevind word met die gehalte van die gekleurde spelers wat vir die Proteas se eendaagse kragmetings teen Ierland en Australië vanaf 25 September gekies is nie. Maar, selfs met die onaanvaarbaarheid van die nuwe kwotastelsel in ag genome, gaan dit in die praktyk ook veel verder as bloot die minimum aantal gekleurdes in elke Proteaspan.
Downingstraat 10: Ongewone pligte vir ʼn ongewone werknemer
Larry die kat het reeds in 2011 die amp as hoofmuisvanger van die kabinetskantoor by Downingstraat 10 aanvaar, maar dit is sy amptelike pligte en toekennings wat hom bekendheid laat verwerf het.