Wen: Sanger, vrou reël weer baba-ekspo

Lizanie en Arno Jordaan saam met hul twee seuntjies, Milan en Luca. (Foto: Verskaf)

Lizanie en Arno Jordaan saam met hul twee seuntjies, Milan en Luca. (Foto: Verskaf)

Die gewilde Afrikaanse sanger Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, het twee jaar gelede tydens die Afrikaans is Groot-konsertreeks die geleentheid raakgesien om ʼn ekspo in die Sun Arena by die Times Square Casino in Menlyn, Pretoria, aan te bied.

Jordaan vertel aan Maroela Media dat Lizanie ʼn sakevrou is wat kinderpartytjies reël en dat sy ook voorheen betrokke was by ʼn babamark, en van daar het die idee ontstaan vir die Dis-Chem BoobaLoo Expo vir ma’s, kleuters en babas, wat verlede jaar vir die eerste keer by dié venue aangebied is.

Die ekspo, wat verlede jaar meer as 10 000 besoekers gelok het, word vanjaar van 1 tot 3 Maart weer in die Sun Arena by die Times Square Casino aangebied en het volgens Jordaan ʼn hele paar nuwe en opwindende verrassings.

“Ons het self twee seuntjies, Milan en Luca, en het gesien dat daar ʼn geleentheid is om unieke en kwaliteitprodukte saam met al jou ander noodsaaklikhede vir ʼn baba of kleuter onder een dak vir ouers aan te bied,” sê Jordaan.

“Dis-Chem het ook ʼn groot rol in die totstandkoming van die ekspo gespeel, omdat hulle seker gemaak het dat ons al die noodsaaklikhede by die ekspo kry!”

Hy voeg by dat hy die sake en bemarking vir die ekspo hanteer terwyl Lizanie ʼn passie en oog het vir alles wat mooi is. “Sy weet ook wat werk vir ouers. Ons albei geniet dit om geleenthede te organiseer, so ons vul mekaar baie goed aan.”

Die ekspo vind op 1, 2 en 3 Maart plaas by die Sun Arena, Times Square in Pretoria.

Die ekspo vind op 1, 2 en 3 Maart plaas by die Sun Arena, Times Square in Pretoria.

Volgens Jordaan was daar nog nie voor verlede jaar so ʼn baba-ekspo in Pretoria aangebied nie. “As ouers het ons geweet dat daar definitief ʼn behoefte is in Pretoria vir ʼn ekspo waar jy alles vir jou baba of kleuter onder een dak in ʼn veilige omgewing kan aanskaf.”

Hy benadruk dat die ekspo nié net vir nuwe mammas nie. “Swanger mammas, mammas wat beplan om swanger te raak, mammas wat reeds babatjies het en selfs pappas, oumas en oupas kan almal baat vind by die ekspo en ʼn heerlike tyd saam met ons geniet. Daar is wonderlike meestersklasse wat aangebied word wat soveel inligting verskaf oor die ontwikkeling van jou baba, van slaappatrone tot finansiële beplanning.”

Jordaan voeg by dat daar is iets vir almal. “Daar is groot winskopies, so mammas wat byvoorbeeld kinders op doeke het, sal ook daarby baat om te kom,” skerts hy.

Die aktrise Nadia Beukes tree as seremoniemeester op en Lollos maak ook ʼn draai om die kleinspan te vermaak.

Die ekspo bied:

  • Hoë kwaliteit, inligtingryke gebeurtenis
  • Advies van die top-vroeëkinderontwikkelingkenners
  • Tentoonstelling van die jongste innovasies en noodsaaklike ouerskapprodukte
  • Gemaklike, veilige en genotvolle omgewing

Besoek die Facebook-blad of webwerf vir nog inligting. Kaartjies kos R80 en is beskikbaar by Computicket. Vir enige navrae, stuur ʼn e-pos na [email protected].

Wen

Vyf gelukkige lesers het die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na die Dis-Chem BoobaLoo Expo op Vrydag 1 Maart by die Sun Arena, Time Square in Menlyn, Pretoria. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit Maandag 25 Februarie om 08:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joey ·

Net n tip vir almal wat wil gaan – moenie vooraf kaartjies koop nie, al wil jy seker maak jy’s in die eerste duisend vir die pakkie – hulle laat die mense wat op die dag opdaag eerste in om te koop, en dan is hul ook in die eerste duisend, en jy moet wag en hoop jys deel.

Karin ·

Ek sien my kommentaar word nie geplaas nie? Ek stem saam @Joey.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.