“Die wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar die wat siek is. Ek (Jesus) het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” (Lees Markus 2:13-17)
Met ‘n “volg My!” (vers 13) roep Jesus ons elke dag. Is jy bereid om te maak wat Levi gemaak het? “Levi het opgestaan (van sy ou sondige lewe) en Hom (Jesus) gevolg.” En Levi het die lewe in oorvloed van daardie dag af begin ervaar!
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier.