“Ons Vader wat in die hemel is…”
As Jesus ons van gebed leer, sê Hy ons mag maar vir God ons Vader noem. Nooit in die Ou Testament word God Vader genoem nie, maar deur Jesus wil God nou ons Vader wees! Jy kan met Hom praat soos ‘n Vader. Hy is die volmaakte Vader wat luister en besorg is en omgee en sorg en beskerm en lief vir jou is! Praat gereeld met jou Vader in gebed! Lees Mat 6:5-7:29 en doen wat Jesus sê.