Gedagte vir die dag: Besluite

landskap_stiltetyd.jpg

Foto: pixsbay.com

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16)

Ondanks die feit dat verandering gewaarborg is in jou lewe, kan jy altyd seker wees van twee dinge: Eerstens, wanneer jy elke dag besluite neem en leef volgens die onveranderlike waarhede van God se Woord, het jy die versekering dat jy die regte ding doen. Tweedens, as jy gekies het om Christus te volg, wat vir jou sonde gesterf het en opgestaan het uit die dood sodat jy nuwe lewe kan hê, kan jy wéét dat jou ewige bestemming by Hom seker is.

Erken jy Christus se heerskappy in jou lewe deur die besluite wat jy neem?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.