Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. (1 Kron 16:11)
Ek weet daar is mense wat dink lectio divina is nie vir hulle nie. Hulle voel hulle het nie regtig tyd nie, of is darem heeltemal te gewoon vir iets soos lectio divina.
Dit is egter ’n fout wat jy nie moet maak nie. Ek en jy is gemaak vir stiltetyd by God. Jou verhouding met God is jou heel belangrikste verhouding ooit. Soos ’n vis gemaak is om in die water te leef, is jy gemaak om in ’n verhouding met God te leef. Wat gebeur as jy ’n vis uit die water haal? Hy gaan dood. Haal jou uit die teenwoordigheid van God en jy gaan dood. Jy is gemaak om oor God te mediteer. Dit is jou kos en jou lewe en jou asem. As jy dit ophou doen, leef jou liggaam nog, maar aan die binnekant is jy dood.
Gryp vandag nog die ware lewe aan.
Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Al die moeite om uit die katolieke kerk te kom en nou gaan ons predikante maar net weer terug.