Gedagte vir die dag: Gebed

riete_rivier_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (Psalm 116:1-2)

God luister na elke gebed, en beantwoord dit. Sy antwoord is dalk ja, nee, of wag, soos enige liefdevolle ouer ’n kind sal antwoord. Om ja te sê vir alles wat jy wil hê, kan jou bederf en kan gevaarlik wees vir jou. Om nee te sê vir alles wat jy wil hê, kan jou gees breek en is nie iets wat ’n liefdevolle ouer sal doen nie. Om elke gebed te beantwoord met “wag”, kan lei tot frustrasie. God se antwoord is altyd gebaseer op wat Hy weet vir jou die beste is. As jy nie die antwoord kry wat jy graag wil hê nie, sal jy geestelik groei terwyl jy probeer verstaan hoekom God se antwoord vir jou die beste is.

Hoe kan jy geestelik meer sensitief wees om God se antwoord op elkeen van jou gebede te herken?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.