Gedagte vir die dag: Ek is vry

(Foto: Nathan Dumlao/Unsplash)

“Ek was my hande as teken van my onskuld en verskyn voor u altaar, Here, terwyl ek ʼn danklied sing en vertel van al u wonders.” (Psalm 26:6-7)

Skrifgedeelte
Psalm 26:6-7 (NLV)

Oordenking
Dit is altyd wonderlik om te sien hoe eenvoudig, persoonlik Dawid sy verhouding met God beleef het. As hy oortree het, het hy diep skuldig gevoel en pleit dan om vergifnis. Daarna ervaar hy weer vrede en voel hy weer onskuldig, soos in hierdie psalm.

Die Here vergewe ons inderdaad sodat ons werklik vergewe is. Ten spyte van ons gebrokenheid is ons werklik vrygespreek, kan ons werklik vry voel. Trouens, in Jesus Christus is ons nog veel sekerder van ons vryspraak as wat Dawid ooit kon wees. Het jy God se vergifnis aanvaar? Los dan nou die ewige skuldgevoelens. Sit dit net neer – stap vry uit! Jesus het immers sy lewe gegee vir dáárdie voorreg.

Gebed

Vader, dankie vir u vryspraak. Ek wil my onnodige skuldgevoelens ook vir U gee. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.