Gedagte vir die dag: Heelheid deur gebed

Argieffoto (Foto: Nikolai Artamonov/Unsplash)

“Alhoewel ek hierdie menslike dinge eers as ʼn wins beskou het, beskou ek dit ter wille van Christus nou as ʼn verlies.” (Filippense 3:7)

Skrifgedeelte
Filippense 3:7 (NLV)

Oordenking
Gebed raak ʼn mens se hele wese. Wanneer iemand bid, bid hy met sy hele wese. Wanneer iemand voordeel trek uit gebed, raak dit sy hele wese.

ʼn Mens wat homself volkome in gebed toewy aan God is ook die persoon wat die meeste voordeel uit gebed trek.

Dit is die geheim tot volkome toewyding en die soort gebed wat die meeste vrug tot gevolg het.

Gebed

Here, ek wil myself volkome in gebed aan U gee sodat ek vrug sal dra tot u eer. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.