Gedagte vir die dag: Is jy moedeloos?

Argieffoto (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

“Die Israeliete het teen Moses en Aäron in opstand gekom en gesê: “As ons maar eerder in Egipte of in die woestyn doodgegaan het, dan was dit baie beter!” (Numeri 14:1-2).

Skrifgedeelte
Numeri 14:1-2

Oordenking
Deur die eeue heen, is daar dikwels nie aan mense se verwagtinge voldoen nie. Menige gelowige het al gedink dat om ʼn kind van God te wees ʼn mens van teëspoed en moeilike tye behoort te vrywaar. En dan, wanneer dit nie gebeur nie, was gelowiges soms erg ontsteld oor God, selfs verwytend.

Die boek Numeri vertel die verhaal van die Israeliete se teleurstelling in God en hoe gou hulle in tye van swaarkry die vinger na God en Moses gewys het. Dit vertel egter ook die verhaal van Moses – God se dienaar – wat ten spyte van sy klaerige volk, maar altyd weer vir hulle gaan intree het.

Dalk is jy ook met tye al moedeloos met God, of met mense? Miskien het jy al baie vir Hom en vir ander gedoen en dan “niks” reggekry of teruggekry nie. Dan wil ek jou vandag maar net weer aanmoedig om te bly bid, om nooit op te hou om Hom te vertrou nie en om nooit met iemand anders moed op te gee nie.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.