Gedagte vir die dag: Laat genesing plaasvind

rots_lighuis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Die mens wat altyd versigtig is, sal gelukkig wees. ’n Hardkoppige persoon sal in kwaad verval. (Spreuke 28:13-14)

Om jammer te sê wanneer jy verkeerd was, is een van die heel moeilikste dinge om te doen. Jy moet jou fout erken, dit in die oë kyk en dan nederig genoeg wees om dit teenoor iemand anders te beken.

’n Eenvoudige verskoning wys dat jy gewillig is om die deur na genesing en seën oop te maak. Indien jy groei en vrede wil ervaar in jou verhouding met vriende, medewerkers en met God, sal die gewoonte om jou foute te erken jou help om nuwe vlakke van vertroue en respek te bereik. Om verskoning te vra is ’n kragtige voorbeeld vir ander om na te volg.

Is daar iemand vir wie jy om verskoning moet vra? Hoe kan jou verskoning tot julle al twee se voordeel wees?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.