Gedagte vir die dag: ʼn Wyse lewe bevry ons

Argieffoto (Foto: Jean Pierre/Unsplash)

“As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ʼn lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak” (Romeine 12:1).

Skrifgedeelte
Romeine 12:1

Oordenking
Ons behoeftes gaan grootliks oor ons eie belange, ons eie voordeel, ons eie opinie, ons eie posisie en ons eie regte. Ons eerste vraag wanneer ons basiese behoeftes ter tafel is, is gewoonlik: “Wat kry ek hieruit?” Ons bekyk graag die lewe deur hierdie bril. Ons bekyk selfs ook ons geloof hierdeur. Daarom handel so baie van ons gebede eintlik net oor onsself, en oor alles wat God vir ons moet doen.

Ja, natuurlik mag ons ook vir daaglikse brood vra as ons tot Hom bid. Die probleem is egter dat baie mense nooit verder groei as dít nie. Hulle geloof speel die heeltyd af in hulle behoefte-aangedrewe sones. Hulle het nog nie verskuif na ʼn volwasse geloof nie. Hulle het nog nie Spreuke se woorde ernstig opgeneem dat ons God se wysheid met alles in ons moet najaag nie.

Wysheid vul ons juis met ʼn diep rus en tevredenheid in die Here. Dit anker ons lewe in die Here self, nie in alles wat Hy vir ons moet doen nie. Groei asseblief soontoe. Groei in wysheid.

  • Hierdie oordenking verskyn in ʼn Veilige vesting deur Stephan Joubert. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.