Gedagte vir die dag: Wees die verskil

Argieffoto (Foto: Aperture Vintage/ Unsplash)

“Wees waaksaam! Staan vas in wat julle glo! Wees moedig! Wees sterk! Alles wat julle doen, moet in liefde geskied.” (1 Korintiërs 16:13-14)

Skrifgedeelte
1 Korintiërs 16:13-14 (NLV)

 

Oordenking
Verbeel ek my, of is mense vandag baie selfsugtig? Om nie eens te praat van haat, agterdog en vrees nie. Het wêreldse hoofopskrifte nou ook Christene se hoofopskrifte geword? Volg ons die voorbeeld van die Fariseërs wat net goeie dinge sal doen vir dié wat goeie dinge aan ons doen en om ons vyande te haat? Volg ons Jesus solank dit vir ons gerieflik is?

Ons moet hierdie bose kringloop verbreek. Ons moet Romeine 12 se raad toepas deur goedheid aan ons vyande te bewys. Ons moet woede met goedheid beantwoord. Kom ons bid dat die Here ons sal leer wat dit beteken om Hom te volg. God se pad is nie net die pad kerk toe op ʼn Sondag nie. Kom ons laat die Heilige Gees toe om ons vry te maak van haat en agterdog.

Probeer om ten minste een persoon se lewe vandag beter te maak, met  ʼn teksboodskap, ʼn oproep of dalk ʼn vinnige besoek. Dan sal ons eie beker oorloop. Laat Jesus se liefde toe om soos lewende water deur jou te vloei. Ons kan in Jesus se Naam vrykom van selfsug.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.