Gedagte vir die dag: Geduld om God se wil te doen

Foto: pixabay/pexels

Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (Hebreërs 10:36)

Dit verg geduld om God se wil te doen. Sonder geduld kan jy eintlik glad nie doen wat God wil nie, want God se wil gebeur nie eensklaps nie – dit ontvou met tyd. Terwyl jy elke toets van geloof slaag, ontwikkel jy geduld om raak te sien wanneer God jou roep om die volgende geloofstree te gee. Ongeduld kan veroorsaak dat jy oorhaastig optree en sake in eie hande neem.

Aanvanklik vertrou jy dat God die saak sal hanteer, maar wanneer dit lyk of sy oplossing te lank neem, besluit jy om ’n bietjie hand by te sit. In plaas daarvan moet jy leer om God volkome te vertrou selfs wanneer dit beteken dat jy moet wag.

Het jy die geduld om God se wil elke dag te laat ontvou?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.