Gedagte vir die dag: Geloof soos aartappels

 hande-grond-boer-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay/pexels

Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. (Spreuke 2:10-11)

As ons al ooit ’n behoefte aan wysheid gehad het, is dit nou. In ’n wêreld wat behoorlik op sy kop gekeer is en waar mense daarna smag om die regte keuses te maak, het ons wysheid nodig. Ek en jy het wysheid nodig. Ons kry wysheid op slegs een plek, en dit is uit die Bybel, die Woord van God.

Dit is tyd dat Christene opstaan om gereken te word. Dit is tyd dat ek en jy uit die boot klim en op die water loop. Hoekom Want die boot is besig om te sink en net mense wat geloof het, sal oorleef. Ons lees in Johannes 15:7: “As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.”

Jare gelede toe Suid-Afrika in die greep was van El Niño en ’n ernstige droogte beleef het, het ek ervaar dat die Here vir my gesê het om aartappels te plant. Baie boere was paniekbevange en besig om hoop te verloor; tog het die Here vir my gesê: “Dit is nie nou die tyd om terug te hou nie.” As Christus vir jou is, is daar niks of niemand wat teen jou kan wees nie.

Ek het huis toe gegaan, die land voorberei en aartappels geplant. Ek het nie eens die regte soort besproeiing gehad nie. Ek het nóg plase gehuur en nóg aartappels geplant. En bloot op God vertrou. Ons was met tye ook maar benoud, maar die Here het ons deurgesien. Ons het ’n pragtige oes gehad.

Moenie bang wees nie. Soek wysheid. Soek die Woord van God. Skryf dit neer. Maak ’n plan en voer die plan uit; God sal vir jou die uitkoms gee.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.