Gedagte vir die dag: Geluk

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer jy die Here jou God gehoorsaam en sy gebooie en voorskrifte nakom wat opgeteken is in hierdie wetboek, en wanneer jy met hart en siel terugkom na die Here jou God, sal Hy Hom weer oor jou verbly soos Hy Hom oor jou voorvaders verbly het en sal dit met jou goed gaan. (Deuteronomium 30:9-10, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Kan sterflike, sondige mense werklik vreugde bring aan die Skepper van die heelal? Ja! God het jou geskep omdat Hy in ’n verhouding met jou wil staan, omdat dit vir Hom vreugde verskaf om by jou te wees. Wanneer jy doen wat vir God goed is, vind Hy vreugde in jou. Deur God met jou hele hart lief te hê en te gehoorsaam, kan jy alles word wat God jou geskep het om te wees. Die enigste manier om geluk te vind wat ’n leeftyd hou, is om te doen wat goed en reg is voor God.

Hoe kan jy vandag aanpak in die wete dat God vreugde vind in jou?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.