Gedagte vir die dag: God seën getrouheid

(Foto: Unsplash)

Vertrou jou lewe toe aan die HERE. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg. (Psalm 37:5)

Om jouself aan God toe te wy is meer as om intellektueel saam te stem met sy beginsels. Dit behels om jou hele menswees – liggaam, siel, emosies en gedagtes – vir Hom beskikbaar te stel. Dit behels ’n wilsbesluit gevolg deur dade wat jou besluit bevestig, ongeag hoe moeilik dit is of wat dit jou kos.

Toewyding aan God kan jou duur kos, maar God belowe om jou te help en jou te seën wanneer jy getrou is aan Hom.

Op ’n skaal van een tot tien, hoe toegewyd is jy aan God?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.