Gedagte vir die dag: God sien jou hartseer raak

man_alleen_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet. In u boek staan hulle opgeteken. (Psalm 56:9)

Die psalmdigter beleef tye van groot hartseer. In hierdie tye is dit vir hom ’n groot troos dat God van al hierdie ellende weet; dat God elkeen van sy trane raaksien; dat hulle selfs deur God in sy boek opgeteken is. God staan nooit koud teenoor die hartseer van sy kinders nie.

God sien jou hartseer raak, al jou trane is opgeteken in sy boek. Hy gee werklik vir jou om. By Hom is daar vertroosting vir elkeen van sy kinders.

Hartseer maak ons gereed om vreugde met meer waardering te geniet. ~ Johan Smit

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U alles van ons weet, ons vreugde en ons trane sien U raak….Amen

Agter die skerms ·

Dankie my God U alles van my raak. Ek dank U elke oggend en elke aand dat U by ons is ons bly seen al is dit ‘n klein seening dit is ‘n seening.

Ek dank U vir U genade my God.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.