Gedagte vir die dag: Hou aan luister

bid-vrou-son-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. (Hebreërs 2:1, Bybel in Afrikaans 1933/1953)

Die HERE sê: “Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” (Jeremia 3:22)

Miskien het jy skielik besef jy is verder van God af as wat jy moet wees, en jy is bekommerd. Afvalligheid begin dikwels met eenvoudige verwaarlosing of terugval in ’n slegte gewoonte.

God belowe as jy tyd neem en moeite doen om werklik na Hom te luister, sal Hy jou wys waar jy begin afdwaal het en jou terugbring na Hom. As jy Hom op die oomblik getrou volg, hou aan om na Hom te luister sodat jy nie afdwaal van die pad waarop Hy wil hê jy moet wees nie.

Hoe kan jy leer om na God te luister en verhoed dat jy afdwaal?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.