Gedagte vir die dag: Kom na God toe

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

As ons ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. (1 Johannes 1:9)

 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (Filippense 2:10-11)

Belydenis is om beide jou eie skuld te erken en jou verbondenheid aan Jesus Christus te verklaar. Belydenis is noodsaaklik om tot God te nader, bevry te word van sonde en gesien te word as ’n navolger van Jesus. Dit is ook ’n noodsaaklike aspek van jou verhouding met God – om Hom te ken, ander te ken en ander toe te laat om jou te leer ken.

Is belydenis ’n belangrike deel van jou leierskapstyl?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.