Gedagte vir die dag: Kom nader na Hom

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Die HERE gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die HERE stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. (Jesaja 40:29-31)

Een van die beste maniere om uitbranding te voorkom is om tyd te neem om rustig by God te wees. Wanneer jy te veel hooi op jou vurk het, is jy geneig om jou alleentyd met God af te skeep.

Wanneer jy nader aan God kom, kan jy put uit sy krag, sterkte, vrede, beskerming en liefde. Maak elke dag tyd om na te dink oor God se Woord en ander boeke wat jou uitdaag om geestelik te groei. Wanneer jy op God se prioriteite fokus, sal jou eie prioriteite vir jou duideliker word.

Hoe kan jy tyd maak in jou besige skedule om stil te word by God?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.