Gedagte vir die dag: Die kreatiewe wonders van God

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem; hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. (Psalm 19:2-5)

Ons Skepper is ’n God van ontwerp, kleur, organisasie, skoonheid, heerlikheid en orde. Die suiwerste voorbeeld van vakmanskap en artistieke vaardigheid word gevind in God se skepping van die heelal.

Kreatiwiteit is die uitvloeisel van die hart en gedagtes van iemand wat met die goeie dinge van God gevul is. Indien jy ’n bietjie inspirasie en motivering kortkom, probeer jou hart en gedagtes vul met die kreatiewe wonders van God se skepping. Kyk hoe dit jou inspireer om nuwe en vars maniere te vind om jouself uit te druk.

Hoe kan God se vakmanskap in die natuur jou eie kreatiwiteit aanmoedig?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.