Griekwas en die Cheetahs het vandag hul Curriebeker-wedstryde gewen.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Maart 2023
Wes-Kaap slaggereed vir #NationalShutdown
Die provinsiale polisiekommissaris het Sondag lede van die publiek verseker dat alle wetstoepassers gereed staan om moontlike plofbare situasies te ontlont.
Wetsontwerp = tronkstraf vir ‘seergemaakte gevoelens’
“Ons praat hier van tronkstraf oor uitlatings wat teoreties iemand se gevoel kón seermaak. Is dit gepas in ʼn grondwetlike demokrasie wat vryheid van spraak vereis?”
Leon Wessels lig gordyn oor binnewerkinge van MRK
Suid-Afrikaners ervaar gemengde gevoelens oor dié kommissie en dit ontvang dikwels skerp kritiek.
Sout: Van knippie tot in die knyp
Die belangrikste voordeel van die verlaging van ons soutinname is die ooreenstemmende verlaging in hoë bloeddruk.
Weermag ontplooi om ‘wet en orde te handhaaf’
Die ontplooiing is vermoedelik gedoen ter voorbereiding van die EFF se landwye betoging van Maandag, maar gaan die land eindelik heelwat uit die sak jaag.
Foto’s: Trap-trap deur De Hoop
Klim op jou fiets en verloor jou hart in De Hoop, want hierdie is sekerlik een van ons land se mees unieke marienebewaringsgebiede.
Nehawu ‘se moeilikheid geboek’ ná stakings
Dit gaan egter moeilik wees om te bewys dat die vakbond of sy lede bloed op hul hande het, waarsku regskenners nadat die staking eindelik afgelas is.
Korrektiewe dienste oorval met vrae oor ‘Facebook-verkragter’
Maande nadat die veroordeelde verkragter Thabo Bester glo in die tronk dood is, doen foto’s van ʼn man wat ʼn sterk ooreenkoms met Bester toon en wat inkopies in Johannesburg doen die rondte.
Goeie beurtkragvooruitsig vandeesweek
Suid-Afrikaners kan daarna uitsien dat die ligte vandeesweek na verwagting meer aan as af sal wees.
Beers en Blevins glimlag ná proloog
Die eerste skof van die Absa Cape Epic begin môre in Hermanus.
Onsekerheid heers of Denel weermag kan ondersteun
“Ons is bekommerd dat daar ʼn oënskynlike verskil is tussen die verwagtinge van die SANW en Denel se vermoë om broodnodige toerusting in stand te hou en te verseker dat die weermag gereed is om sy nasionale veiligheidsmandaat uit te voer.”
Beurtkrag: Peiling wys SA’ners bereik breekpunt
“Dit kan aangevoer word dat alle maatskaplike revolusies op die kruin van ʼn golf van dringendheid begin – en indien dit wel só is, het ons beslis daardie punt bereik.”
Duitse toeriste by gastehuis oorrompel, beroof
Die toeriste het in hul gastehuis in Addo in die Oos-Kaap gelê en slaap toe vier mans by hul kamer ingebreek het.
Sesnasies in sakkie; nou het Sexton Wêreldbeker in visier
Intussen is Engeland-ondersteuners suur omdat Jaco Peyper vir Freddie Steward met ’n rooi kaart van die veld gejaag het.
‘Sakelui moet standpunt inneem teen #NationalShutdown’
Terwyl Suid-Afrikaners regoor die land hulself staal vir die beplande nasionale staking, is nog interdikte teen die EFF bekom in ʼn poging om eiendomme te beskerm en die ekonomie aan die gang te hou.
Grofgeskut pak mekaar in eindstryd
Carlos Alcaraz en Daniil Medvedev sal rakette in die eindstryd van die ATP 1 000-toernooi in Kalifornië kruis.
Luister: ‘Mooiweer en warm’-rol Liam se gunsteling tot dusver
Liam Bosman is bekend as die ywerige swemmer, Johan Swarts, in die kykNET-reeks “Diepe waters”, maar dié jong akteur geniet dit om nou kykers se lagspiere bietjie te laat oefen as Dirkie in “Mooiweer en warm”.
Cloete Murray sterf ná N1-skietery
Cloete Murray, wat verantwoordelik was vir die likwidasie van onder meer Bosasa, se seun is reeds Saterdag op die toneel van die skietery dood.
Stropers vas wat glo olifanttande verkoop
Dit is nog onduidelik waar die verdagtes die olifanttande gekry het.